Kaapstad. - Petrolpryse
word op 5 Mei met 14c per liter verhoog, en groothandeldiesel word 29,5c per
liter duurder.
93-oktaan
petrol in Gauteng
sal van Woensdagoggend af R8,54 kos, en aan die kus sal 95-oktaan petrol R8,48
kos.
Diesel
sal in die groothandel in Gauteng R7,81 kos en aan die kus R7,67.
Paraffien
se groothandelprys word met 30c per liter verhoog.
Mnr. Mike Schüssler,
onafhanklike ekonoom, verwag dat petrol teen die einde van die jaar weer rondom
R9 per liter kan
kos. Hy grond dit op die verwagting van 'n voortsetting van die herstel in die
wêreldekonomie en 'n stadige opwaartse tendens in die olieprys. Hy verwag veral
stygings tot bokant $90 per vat vir olie in die tweede helfte van vanjaar
namate die voortgesette groei in China en Indië die prys van olie
sal laat toeneem.