SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Fonds móét VMV betaal

Mei 23 2010 06:00 Letitia Watson Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Mediese fondse ongesond oor stygende koste

Standard Bank skep fonds vir swart boere

Mediese taks later ‘37% op’

 
Alle mediese fondse moet voorgeskrewe minimum voordele (VMV’s) uitbetaal, maar dit beteken nie jy kan kies en keur tussen medikasie en diensverskaffers of dat jou fonds in al jou nukke en grille hoef te voorsien nie.

Sedert verlede week se artikel oor die VMV’s is Sake 24 in Rapport oorval deur mense wat dink dat hul mediese skemas nie hul verpligtinge teenoor lede nakom nie.

Dit blyk egter dat baie van die klagtes nie geregverdig is nie. Die fondse moet wel toesien dat lede dekking kry vir 271 voorgeskrewe siektetoestande, maar dit beteken nie dat daar nie reëls is oor watter diensverskaffers gebruik mag word nie, en dat dié verskaffers kan vra wat hulle wil nie.

Sommige fondse vereis dat jy by hul voordeleprogram aansluit voordat jou VMV-dekking in werking tree.

Fondslede is soms vies as hul fonds nie hul chroniese medikasie ten volle betaal nie terwyl hulle wel aan een van die 26 chroniese VMV-toestande ly. Fondse kan egter besluit watter tipe medisyne hulle elke chroniese toestand mee gaan dek. As jy ’n ander chroniese medikasie wil gebruik wat nie op die fonds se formularium is nie, is die bybetaling jou verantwoordelikheid.


Voorts mag mediese skemas eers ’n lid se chroniese medisyne-limiet vir VMV- sowel as nie-VMV-toestande gebruik. Sodra die limiet bereik word, word net goedgekeurde VMV-medisyne bo die limietbedrag gefinansier.

As jy dus aan ’n chroniese siekte soos hoë cholesterol, diabetes of asma ly, moet jy by jou mediese fonds hoor wat die vereistes is sodat jou VMV-dekking ten volle die behandeling dek.

Jy kan ook nie onbepaald konsultasies ondergaan nie. Daar is kliniese riglyne oor die getal konsultasies wat gedek word, en fondse kan vereis dat jy vooraf magtiging moet kry.

Fondse kan ook dienste beperk tot aangewese diensverskaffers, wat beteken dat dienste soos dokters, koerierapteke en spesialiste net binne ’n spesifieke diensverskaffersnetwerk beskikbaar is.

As ’n mediesefondslid kies om nie die diensverskaffer te gebruik nie, kan daar ’n bybetaling wees.

Die wet dui ook aan watter behandeling as VMV bestempel word vir die 271 spesifieke toestande soos bevallings en katarakverwyderings. Dit behels meestal mediese en chirurgiese behandeling.

Slegs dit wat pertinent in die regulasies gelys word, is VMV. Indien jou dokter ’n alternatiewe prosedure uitvoer, is dit nie verkeerd nie, maar dit kwalifiseer nie as VMV nie.

Wat mediese noodsituasies betref, moet dit hou by die definisie soos in die wet omskryf is. Dit behels ’n skielike of onverwagse gesondheidstoestand wat onmiddellike mediese of chirurgiese behandeling nodig het, en wat sonder behandeling kan lei tot ernstige aantasting van liggaamsfunksies of wanfunksionering van ’n orgaan of liggaamsdeel.

Dit is mediesefondslede se verantwoordelikheid om seker te maak hulle weet hoe hul fonds se VMV’s werk.

Jou fonds moet presies vir jou kan verduidelik hoe hul VMV-dekking werk en wat die verkose diensverskaffers en medikasie is.
Maak seker jou fonds doen nie VMV-betalings uit die spaardeel van jou plan nie; en dat jou dokter nie die verkeerde kode gebruik om VMV’s op rekeninge te kodifiseer nie, want dan betaal jou fonds dalk nie uit nie.
 
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer:

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...