Nie alle wêreldmarkte ­reageer op onsekerheid

Die wêreldmarkte het nog nie aangepas by die stadiger groei wat vir die globale ekonomie voorspel word nie.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Regrukker word baas van mynkamer

Jul 18 2010 01:00 Jan de Lange Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Eendrag maak mag, en sin

'Strenger toesig oor mynbedryf'

ANC-belang in mynwese ‘in die haak’

 
Johannesburg. - “Ek is nou maar nege dae hier,” sê mnr. Bheki Sibiya, aangewese uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese.

Hy het die pos aanvaar, want dit is vir hom duidelik die mynbedryf is strategies belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en op die vasteland in die geheel.

“Die mynbedryf word deur ’n hele aantal uitdagings in die gesig gestaar. As ek ’n bydrae kan lewer om ’n paar daarvan op te los, gaan ek as individu vervuld wees,” sê Sibiya, wat sy professoraat aan Wits se sakeskool neergelê het om die top-pos by die kamer te aanvaar. Hy was van begin vanjaar tot verlede maand hoof van die sakeskool.

Die uitdagings van mededingende groei in die mynbedryf en transformasie maak hom opgewonde. Om dié twee doelwitte te bereik, is die oorwegende tema in die ooreenkoms wat die mynbedryf, vakbondleiers en die regering twee ­weke gelede gesluit het.

“Daar is bitter ernstige verbintenisse in dié dokument gemaak. Die magte wat hierdie dokument onderteken het, gee my met dié aanstelling die geleentheid om te help met die toepassing daarvan,” sê Sibiya. Sibiya handhaaf al jare lank ’n relatief lae profiel in die sakesektor, maar het aansien verwerf as ’n uitmuntende regrukker, onder meer as uitvoerende direkteur van lugvaart van Transnet, belas met die Suid-Afrikaanse Lugdiens, en as die eerste uitvoerende hoof van Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa).

“Dit was moeilik, want daar was 18 histories wit sakeorganisasies en 18 oorwegend en histories swart organisasies wat probeer het om mekaar te vind. Die verwagtinge van mekaar was onrea­listies en ongeartikuleerd.

“Swart organisasies het gemeen dat die wit organisasies kapitaalkragtig is en geld gaan inbring en dat almal daarna vir altyd gelukkig saam gaan wees. Die wit sakeorganisasies het weer van die swart organisasies verwag om politieke geloofwaardigheid te verleen en gemeen dat hulle daarna geluk gaan beërwe.

“In ’n sekere sin was hulle reg, want pres. Thabo Mbeki het Busa by ’n hele aantal forums betrek, maar die uitdaging was die finansiering.

“Die wit organisasies het Busa nie gefinansier in die mate wat nodig was nie,” sê Sibiya.

Mnre. Patrice Motsepe, eerste president van Busa, Attie du Plessis, voorsitter, en Derek Cooper, voorsitter van die nuwe organisasie se finansiële komitee, het in dié tyd sy hande vasgehou, sê hy.

“Cooper het veral gehelp om wit sakeorganisasies te oorreed om meer by te dra as die formule waarop ooreengekom is.”

Sy moeilikste taak in die korporatiewe wêreld was die beëindiging van die diens van mnr. Coleman Andrews as uitvoerende hoof van die SAL toe dit duidelik word dat só ’n stap nodig is.

“Ek het te doen gekry met een van die mees omvattende dienskontrakte wat ek nóg gesien het. Ek het drie stelle regsgeleerdes geraadpleeg – en hulle was almal duidelik daaroor: Julle sal hom moet betaal. Dit was vir my een van die pynlikste dinge wat ek al ooit gedoen het – ons het hom ’n tjek van R113 miljoen gegee,” sê hy.
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Vry 17:44

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...