SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

SAL gaan nog lank betaal

Jul 25 2010 05:00 James-Brent Styan Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Onreëlmatighede by SAL lankal uitgewys

'Ngqula 'n obstruksie in ondersoek'

SAL-ondersoek kos R15 m.

 
Die oud-baas van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) mnr. Khaya Ngqula het net 12 dae voordat hy op spesiale verlof geplaas is, ’n tweede borgskapkontrak ter waarde van miljoene rande met die internasionale ATP-tennisreeks gesluit, hoewel hy nie die magte gehad het om dit te doen nie.

Dié kontrak kan die lugdiens nog tot aan die einde van 2012 sowat R160 miljoen kos.

Ngqula is op 13 Februarie verlede jaar op spesiale verlof geplaas hangende die uitslag van ’n KPMG-ondersoek na sy bedrywighede by die SAL. Hy het egter enkele weke later bedank.

Sake24 het verneem Ngqula het die nuwe ATP-borgskapkontrak op 1 Februarie 2009 onderteken.

In die KPMG-ondersoek na Ngqula se bedrywighede by die SAL is bevind dat hy in 2006 die eerste ATP-kontrak, ter waarde van R120 miljoen, onregmatig toegeken het.

“Hy het dit buite die mandaat van die destydse direksie gedoen,” het me. Cheryl Carolus, voorsitter van die SAL, in die afgelope week gesê.

Mnr. Fani Zulu, woordvoerder van die SAL, sê die eerste kontrak vir die ATP-toer het gestrek van 1 Mei 2006 tot 1 April 2009.
“Die tweede kontrak geld van 1 Julie 2009 tot 31 Desember 2012 en die waarde daarvan beloop R160 miljoen,” het Zulu bevestig.

Ngqula het tydens sy bewind ook ander borgskappe onregmatig toegestaan, onder meer ’n bedrag van R21 miljoen aan die Argentynse gholfspeler Angel Cabrera.

Hy het net ’n mandaat gehad om oor borgskappe van tot R3 miljoen te besluit.

Carolus het gesê die ATP-toer se bestuur sowel as Cabrera is in die KPMG-ondersoek kwytgeskeld. “Daar was geen teken van enige wanpraktyke van hulle kant af nie.”

Vrae word intussen gevra oor die rol van die vorige SAL-direksie onder die voorsitterskap van prof. Jakes Gerwel.
Ngqula en Gerwel het albei in Augustus 2004 in diens getree by die lugdiens.

Gerwel is verskeie kere op die rekord aangehaal waar hy erken dat wanbestuur by die SAL plaasvind.

Gerwel het reeds op 14 Maart 2007, voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), erken dat daar by die SAL inderdaad “onreëlmatige betalings gedoen word”.

Hy het toe aan Skoor gesê die lugdiens probeer om die “tekort aan stelsels by die maatskappy reg te stel”.

“Die maatskappy is vol ernstige onreëlmatighede, maar die direksie doen sy bes om dit reg te stel,” het hy gesê.

Gerwel het Vrydag aan Sake24 gesê dit sal onvanpas wees om kommentaar te lewer op ’n proses onder die leiding van die nuwe direksie.

“As agtergrond kan ek net sê die ondersoek (na Ngqula en die SAL) is deur die vorige direksie begin.

“Ons het selfs ’n konsepverslag ontvang voordat ons termyn verstryk het en het dit aan die prokureurs oorhandig. Ons termyn het toe verstryk en die nuwe direksie neem nou die leiding. As dit nodig gevind word dat ek as voorsitter van die vorige direksie ondersoek moet word, sal die nuwe direksie daardie besluit neem.”

Carolus het gesê daar word nie ondersoek gedoen na die vorige direksie nie.

Zulu sê die SAL se regspan is nou besig om die twee kontrakte wat aan die ATP toegeken is, na te gaan om vas te stel wat die lugdiens se opsies is ten opsigte van die kontrakte.
 
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Brisbane Aug 01 2010 07:14
En ek sit net gisteraand met my man en gesels en ons 'speel' met die idee om 'terug te kom' !!!!Is dit waarna ons moet terugkom - na sulke blatante bane-vir-boeties-aborsies en katastrofiese regerings-besluite? Is dit werklik so erg daar ?
 
taxpayer Jul 25 2010 23:11
Die ANC se onbevoegdheid slaan selfs in Stilbaai uit soos masels. Dis net potholes waar jy kyk. Dis nie meer Stilbaai nie, maar Pothole Bay. Dis die dorp in Suid Kaap waar die ANC beheerde waterbeperkings toepas terwyl die opgaardam oorloop in die see in en miljoene liters fontein water wegloop see toe. Dit gebeur terwyl die munisipaliteit noodtoestand pleit om droogte hulp vanf die belastingbetalers via die staat te kry. Ons Munisipale Bestuurder is seker die top verdiener in die land met R1.o m + pakket en met salaris verhogings gelykstaande aan Escom Uitvoerende Bestuur .
 
Leon H Jul 25 2010 16:32
Viva cadre employment viva !!! The Titanic ANC wil sink our land !!!
 
@ Marius Jul 25 2010 13:36
Die stille deplomasie van mbeki in zim het baie meer lewens as 350 000 gekos,om nie eens te praat van die impak wat zim vlugtelinge ons land kos nie
 
Marius Coertze Jul 25 2010 13:12
Suid-Afrika gaan nog lank betaal weens die ANC/SAKP. Reeds 350 000 het met hul lewens betaal vir die rewolusionêre en onbevoegde regime. Die verval en ellende wat die gevolg is van die "struggle" se magsug, grypsug en geldsug gaan nog baie swaarkry en smarte veroorsaak.
 
Marius Coertze Jul 25 2010 13:12
Suid-Afrika gaan nog lank betaal weens die ANC/SAKP. Reeds 350 000 het met hul lewens betaal vir die rewolusionêre en onbevoegde regime. Die verval en ellende wat die gevolg is van die "struggle" se magsug, grypsug en geldsug gaan nog baie swaarkry en smarte veroorsaak.
 
Marius Coertze Jul 25 2010 13:11
Suid-Afrika gaan nog lank betaal weens die ANC/SAKP. Reeds 350 000 het met hul lewens betaal vir die rewolusionêre en onbevoegde regime. Die verval en ellende wat die gevolg is van die "struggle" se magsug, grypsug en geldsug gaan nog baie swaarkry en smarte veroorsaak.
 
MJ Jul 25 2010 12:18
Dit is maklik om hierdie probleem in die toekom op te los. Hou die persoon wat hom aangestel het mede verantwoordelik vir die verliese wat SAA gelei het. Dieselfde kan met direkteur generaals in die staatsdiens gedoen word, neem hulle pensioene af en verkoop hul huise as iemand in hul departement skelmstreke aanvang.Die veranwoordelike persone moet begin aanspreeklikheid neem!!
 
johan Jul 25 2010 10:51
hierdie is n druppel in die emmer om vir ons te wys hoe kan n naturel n goeie ding deur sy gat trek omdat hy nie daar hoort nie, maar toemaar eskom is volgende, dan die plase en dan die ekonomie, wat bly oor walla kol(f@kol)
 
Demokrasie Jul 25 2010 10:37
They (Africans) dont understand the world. Kyk op youtube na swart prediker James David Manning (Phd)se toespraak ( her name is Ms Ann )hoe hy uitvaar teenoor die swartes wat alles opneuk soos Mugabe en al die ander onnosel geldgierige Africans. Hulle het net eenvoudig geen verantwoordelikheid in hulle nie. Dit gaan nog lank vat om hulle te verwesters en verantwoordelikheid te leer want op die oomblik dink hulle dit is hulle reg om alles verniet te kry by die wittes want hulle was mos die benadeeldes.
 
Pieter Oosthuizen Jul 25 2010 10:08
Viva regstellende aksie, viva ! Nou moet hulle nog net regstellende aksie toepas op die sjirurge wat die ANC en hulle families opereer in belangrike operasies. In Khayelitsha is 'n paar manne besig om hulle tik-pype te bêre in afwagting op hulle aanstelling as sjirurge van die ANC. Ek hoop nie die gaan lank vat nie.
 
Grumpy Jul 25 2010 10:04
Dit was nie die eerste keer dat so iemand by SAL aangestel is nie. Dink maar net mooi terug en wie is volgende?
 
cessna Jul 25 2010 09:48
Gee iets vir swartes en hulle wys jou hoe om dit op te f@k..SO gaan SA dieslefde pad as Zim volg..Die wittets moet weer begin gewere opneem en skoon maak voor.
 
sledge Jul 25 2010 08:03
ek sit vanoggend en wonder waar alles gaan eindig,,,,so gaan dit in elke departament en instelling waar hierdie absolute onbekwame narre in beheer is,,,almal kyk anderpad want die persone moet leer om die job te doen en dit ten koste van maatskappy wins,,,imagine waar hierdie land al sou gewees het as algehele doeltreffende bestuur plaasgevind het,bv die behuising issue,,,we lost it already!!
 
JohanK Jul 25 2010 06:54
Nog 'n onbekwame ANC kader wat net in die bevordering van sy eie rykdom belang gestel het. Toevallig is hy nie die kop van die vrot vis nie. Viva Afrika
 
Pine Jul 25 2010 05:33
Die probleem begin maar by onreelmatige finansiele transaksies.Die werklike skade sal eers bepaal kan word wanneer n opname gemaak word van vlieeniers en ander kundige personeel wat by SAL bedank het en vir Suid Afrika verlore is as gevolg van die vorige bestuur
 
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dins 16:21

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...