SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Spaar vroeg om later lekker te lewe

Apr 03 2010 21:55 Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

 
Adri van Zyl in Johannesburg

adri.vzyl@sake24.com

Die maklikste en goedkoopste manier vir lede van pensioenfondse om beter voorsiening te maak vir aftrede is ’n groter bydrae tot ’n werkgewerspensioenfonds.

’n Bydrae van net 2% meer as wat die werknemer verplig is om te betaal, kan uiteindelik ’n groot verskil maak aan die maandelikse bedrag wat ná aftrede ontvang word (lees die tabel).

Groter bydraes deur werknemers word nie deur alle fondse toegelaat nie, maar dit is die moeite werd om uit te vind of jou fonds dit wel toelaat. Sommige fondse laat ook eenmalige bydraes van enkelbedrae toe.

Uit statistieke blyk dit dat 25% van alle lede van pensioenfondse minder as 12% van hul salaris tot hul pensioenfonds bydra. Dié persentasie is wat die departement van maatskaplike ontwikkeling aanbeveel, terwyl die Wêreldbank ’n werknemerbydrae van tussen 10% en 13% aanbeveel.

’n Groter bydrae tot ’n pensioenfonds is een manier om seker te maak dat jy ná aftrede die aan?bevole 75% van jou laaste salaris ontvang. Teen huidige bydraekoerse sal net 62% van alle lede van pensioenfondse dit regkry, blyk uit navorsing van Alexander Forbes.

Uit navorsing van Ou Mutual Konsultante en Aktuarisse (Omac) blyk dit dat die meeste mense ná aftrede net tussen 25% en 30% van hul laaste salaris kry.

Daar is verskeie voordele daaraan verbonde vir werknemers as hulle die bydrae verhoog, maar daar is ook ander faktore wat hulle in ag moet neem.

Bydraes kan net verhoog word as die reëls van die fonds dit toelaat. Dit is beslis die goedkoopste manier om bykomende voorsiening te maak vir aftrede, sê mnr. John Anderson, hoof van konsultasiestrategie by Alexander Forbes.

Mnr. Craig Aitchinson, besturende direkteur van Omac, sê die eerste stap as jy wil weet of ’n groter bydrae nodig is, is om vas te stel of dit wat reeds gespaar is, genoeg is om in die behoeftes ná aftrede te voorsien. Dié inligting word nie noodwendig in die state van die pensioenfonds aangedui nie, maar dit is beskikbaar.

Die tweede aspek wat mense in gedagte moet hou, is belasting – en dit hang af van persoonlike omstandighede.

Aitchinson sê vir mense wat ’n hoë persentasie belasting op onttrekkings aan die pensioenfonds gaan betaal, is ’n uittree-annuïteit ’n beter opsie. Lede moet ook in gedagte hou dat bydraes tot voorsieningsfondse nie van belasting afgetrek kan word nie, maar belastingaftrekkings word ná aftrede toegelaat. Die bykomende bydraes wat werknemers betaal, is nie van belasting aftrekbaar nie.

Ander beleggings soos uitkeerpolisse of effektetrusts kan ook gebruik word, maar die belastingimplikasies moet in ag geneem word.

Nog een van die voordele om die bydrae tot die werkgewerfonds te verhoog, is dat die beleggings ontwerp is as langtermynbeleggings. Daar word algemeen aanvaar dat mense vir minstens 40 jaar 15% van hul maandelikse salaris moet spaar om gerieflik af te tree.

Dit verseker ’n goeie opbrengs op die belegging omdat dit vir ’n lang tyd ’n hoë persentasie van die beleggings in aandele hou.

’n Ander manier waarop mense hul bydrae tot ’n pensioenfonds kan verbeter, is deur later af te tree – mits die maatskappy dit toelaat.

Aitchinson sê deur die aftree-ouderdom uit te stel van 60 tot 65 jaar, kan die uiteindelike pensioenbedrag tussen 20% tot 30% hoër wees.

Deur aftrede uit te stel, word nie net meer gespaar nie, maar die tydperk ná aftrede is ook korter, wat die beskikbare maandelikse bedrag verhoog.

  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Oudag Jul 17 2010 20:00
"Bullshit baffles brains" is 'n sêding van my ou vriend. Nou dit beskryf nogal Uttredings Annuiteite. 27jaar gelede maak Maatskappy S die beloftes vir 1/10de van jou salaris nou, die res van jou werksdae gee ons jou R1.2 Miljoen dit was teen 15& 12% inflasiekoers projeksies. Soos wat die tyd aanloop, word hulle projeksies teen 12 & 9%, 9 & 6% gedoen en uitkeer bedrag word al kleiner. Tensy ek nog versterkers uitneem om die effek van die lae inflasiekoers teen te werk. As hulle hulle sin kry dan begin hulle weer aan die nuwe uitkeer bedrag wegkalwe en is die volgende reeks versterkers nodig. Ek het 'n idee die inflasie koers is ook maar gekook en kunsmatig laag om ons huidige regeerders goed te laat lyk. As ek rondom my kyk en aan my sak voel is dinge definitief nie so lig soos die syfer waarmee hulle oudag se geld steel nie. Ek sal voortaan maar die kontantversterkers belê en laat saamgestelde rente trek. Dalk skop die belegging nog hulle Lam gatte.
 
GERHARD Jul 17 2010 10:54
Ek stem saam met alles wat in die berig genoem word. Ek was lank in die bedryf self.Moes weens ongeskiktheid op ouderdom 54 op mediese ongesiktheid gaan .my pensioen word vir my betaal tot ouderdom 65.Tot my my ontnugtering met selfs die maksimum bybetalingstot fonds sal daar nie genoegsame fondse wees nie.so waar le die foet.fondse gaan in bodemlose put in.swak prestasies van fonse.Komisies.Daar is meer negatiewe dinge in die wereld wat gebeur as posetiewe dinge.So as n mens dan eenfoudig net jou geld eenvoudig in saamgestelde rente bel het. Sou jy beter gedoen het.My huis was n beter beleging.Ek het daaroor beheer gehad.Teveel banke en instellings wereld wyd maak teveel geld uit mense se aftredes.Dit se ek moet gestop kan word.As dit so voort sou gaan sal n baie klein persentasie van mense ooit kan aftree.Klink negatief maar mens moet nugter dink.
 
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dins 16:40

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...