Veranderinge kan KMO’s tot hul reg laat kom

Dit is verbasend dat die regering nie daarin kon slaag om ’n ondersteuningstelsel vir KMO’s op die been te bring nie.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Verbruikers se skuld hoop op

Mei 20 2010 15:20 Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Verbruikers voel steeds wurggreep

Banksektor gesond, maar steeds suinig

Beleggers bewe oor Europese skuld

 
Johannesburg. – Verbruikers mag dalk persoonlike lenings aangaan om hul skuld te dek, het DebtBusters Donderdag gesê.

Dit kom ná die nuutste verslag oor kredietverlening, wat onthul het dat ongesekureerde kredietverlenings vinniger gegroei het in die laaste kwartaal van 2009 as voor die resessie.

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) se verbuikerskredietverslag wys dat ongesekureerde kredietverlenings (persoonlike lenings, kredietkaarte en winkelkaarte) tot R10,5 miljard gestyg in die vierde kwartaal in vergelyking met R8,4 miljard in die vorige kwartaal.

“Dit is op die hoogste vlak sedert die NKR dit in die vierde kwartaal van 2007 begin aanteken het. Dit is ’n groot bekommernis aangesien die getalle aandui dat Suid-Afrikaanse verbruikers wat in die skuld is net meer skuld aangaan teen ’n baie hoër rente om huidige skuld te finansier, en so hou die skuldspiraal vol,” het mnr. Luke Hirst, besturende direkteur van DebtBusters, gesê.

“Ek vermoed dat soos verbruikers sukkel om toegang te verkry tot ander vorme van gesekureerde krediet, keer baie na ongesekureerde krediet,” het mnr. Gabriel Davel, uitvoerende hoof van die NKR, gesê.

DebtBusters het gesê dat van die 18,07 miljoen krediet-aktiewe verbruikers op rekord is 10,75 miljoen Suid-Afrikaanse verbruikers agterstallig met hul skuld en sukkel hulle om hul skuldverpligtinge na te kom.

“Meer as 170 000 verbruikers het tot op hede aansoek gedoen vir skuldberading. Die getal styg net elke maand.

Die eerste stap behels om hul kredietvoorsieners te nader om te onderhandel oor laer afbetalings. Indien hulle daarmee sukkel, moet hulle ’n geregistreerde skuldberader kontak om namens hulle te onderhandel,” het Hirst gesê. – I-Net Bridge
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Dave Mei 21 2010 00:13
Hierdie feite rakende die benarde finansiele posisie van baie Suid-Afrikaners is nog verblydend, nog verrassend. Die realiteit is : dit gaan geensins verbeter nie maar eerder versleg. Nou klink ek en baie andere darem negatief. of hoe !!!!! Wel, ten minste kan die SA. regering of die buiteland ons darem nie aankla dat ons die oorsaak vir die huidige resessie is nie, want gewers en regerings is in die eerste plek verantwoordelik vir gemors waarin baie lande en veral die verbruikers verkeer. Barack Obama (V.S.A.)en Angela Mercel(Duitsland) is van die min president wat die situasie wel probeer red met strenger wetgewing. Met S.Afrikaners in die buiteland gaan dit ook veel beter nie, want baie van hulle, op werkskontakte wat verstryk, moet terug keer na die mooie S.A. - iets om na uit te sien !!!! Ander wat permanent aangestel is, werk minder ure, wat beteken, minder geld. Voedsel pryse styg ooral in die wereld en so kring die skuldspiraal al verder uit....
 
Lion Mei 20 2010 21:23
Die groei in ongesekureerde lenings word doelbewus deur die banke aangeblaas want hulle verdie dubbel die rente wat hulle op huislenings verdien, maar hulle sal kamtig persverklarings maak dat hulle slegs "verantwoordelike" lenings toestaan. Ek hoop al die banke wat hierdie tendens volg kry wat hulle toekom. Kyk maar African Bank wat tot 50% rente vra se aandele is hoog in aanvraag by die groot beleggers. Die ekonomiese krisis is nog lank nie verby nie want gulsigheid is nog steeds die wagwoord.
 
Sieg Mei 20 2010 20:37
Michelle die regering sal nie sy oe oopmaak nie vergeet dit, hulle sal jou nog harder begin melk dis die waarheid! Om n bestaan te maak in SA is ongelowig moeilik en ek voel jammer vir julle.
 
Michelle Mei 20 2010 15:51
En nogsteeds melk hulle ons deur net te betaal betaal en betaal. Voor ons ons oe uit vee is dit weer in 'n nuwe jaar, dan gaan ons medies, versekering, kospryse, huur ens als op met +-10%. Die onderstaande is net ongeveer van ons grootste onkostes wat ons het/gaan he baie binnekort Kom ons maak gou sommetjies hierso 50km retoer op hoofweg per dag: R25 per dag x 22 werksdae = R550 per maand (additioneel R550) Waarvan ek graag wil sien hoeveel gaan na die regering toe en nie vir die instandhouding van paaie nie Krag R500 per maand: R500 + 35% = R675 (additioneel R175) Medies per maand: +-R1200 pp + 10% = 1320 (additioneel R120) Versekering per maand: +-R800 pp + 10% = R880 (additioneel R80) Kosprys per maand: +- R3000 vir 2 mense + R3300 (additioneel R300) Huur per maand: R5000 + 10% = R5500 (additioneel R500) So, op 'n maandelikse basis gaan 'n huishouding 'n om en by hoeveelheid van R1725 moet ekstra uithaal, waar ons nogsteeds niks terugkry nie, 30% van ons krag word geleen/gesteel waarvoor ons betaal, ons versekering gaan op as ons karre van ons gesteel word deur die bobdjane, ons mediese onkostes is sky high as gevolg van die feit dat ons aangerand en verkrag word en ons betaal 'n average van R550 per maand om net 'n bestaan te maak, om al die te kan sluk en delg. Behalwe vir die wat rojaal tekere gaan, nou verstaan julle hoekom baie van ons skuld maak Wanneer gaan die regering van ons hulle oe begin oopmaak?
 
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dond 17:44

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...