René Vollgraaff
Die nasionale tesourie het nie gehoor gegee aan linkse elemente in die regerende party wat gehunker het dat daar weggedoen word met die begrotingsurplus nie.
Mnr. Trevor Manuel, die minister van finansies, het in sy begrotingstoespraak gesê die surplus vir die 2007/’08 boekjaar sal na verwagting rekordvlakke van 1% van bruto binnelandse produk (BBP) of R20,33 miljard bereik.
Die begrote surplus vir die nuwe boekjaar is 0,8% van BBP of sowat R18,49 miljard.
Manuel het bygevoeg dat die oorskot oor die volgende drie jaar gemiddeld 0,7% van die BBP sal beloop.