SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Huurders betaal beter

Jul 26 2010 08:00 Francois Williams Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Huur-eiendomme 'n zombiemark

Belegging gaan huur vir kantore opdruk

Studente hou van huur in middestad

 
Kaapstad. - Meer woonstel- en huishuurders het in die tweede kwartaal van vanjaar hul huurgeld betyds betaal as in die eerste kwartaal.

Die huurmonitor van TPN, ’n kredietburo wat huurders se betalingsgedrag monitor, toon dat 67% van die huurders hul huurgeld in die tweede kwartaal betyds betaal het teenoor 63% in die eerste.

Huurders wat tussen R3 000 en R7 000 per maand vir hul huisvesting betaal, is die getrouste betalers, want 70% van hulle betaal betyds.

Nog 13% betaal wel die volle huurgeld, maar eers laat in die maand.

Byna 50% van die huurders wie se huurgeld meer as R12 000 per maand beloop, betaal laat, net gedeeltelik of glad nie.

Dié wat wel betyds of net laat betaal het, is op 79% darem 7 persentasiepunte meer as in die vorige kwartaal.

TPN se ontleding wys huurders verbeter hul betalingsgedrag namate rentekoerse daal.

Toe die prima uitleenkoers ’n hoogtepunt van 15,5% bereik het, het die persentasie huurders wat hul volle huurgeld betaal, van 85% tot 71% in die eerste kwartaal van verlede jaar afgeneem.

Met die daling in rentekoerse met 5,5 persentasiepunte sedert einde 2008 het sulke huurders tot 82% toegeneem.

Die TPN-monitor wys huurders in die kategorie van R12 000 per maand of meer word die meeste deur rentekoerse geraak weens hul groter afhanklikheid van krediet.

Gevolglik kan hulle in tye van hoë rentekoerse nie al hul maandelikse verpligtinge nakom nie. Huurders aan die onderpunt van die mark – dié wie se huurgeld minder as R3 000 per maand beloop – word ook aansienlik deur veranderinge in rentekoerse geraak.

Die syfers toon huurders in die Wes-Kaap is die betroubaarste wat huurbetaling betref, met 85% wat hul volle huurgeld betaal, teenoor 84% van die Oos-Kapenaars en 77% van die Gautengers.
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dins 16:26

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...