SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Skandaal met duisende huise

Jun 06 2010 01:30 Elma Kloppers Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

CMM-skandaal lei tot vrae oor toesighouding

Indië benoem direksielede ná skandaal

Skandaal dreig in staatsdiensvakbond

 
Johannesburg. - Meer as 4 000 huiskopers, van wie sommige al verbande afbetaal, sit sonder huise op grond van ’n enorme eiendomskandaal waarby miljarde rande betrokke is.

Die kopers wag vergeefs dat hul huise in nuwe residensiële ontwikkelings voltooi word terwyl die ontwikkelaar voortgaan om die een ná die ander nuwe ontwikkeling bekend te stel.

Die ontwikkelaar is mnr. Donovan Atkins, wat deur middel van Theos Projects en ’n hele rits filiale sake doen.

Van die kopers het al oordrag van hul erwe geneem en betaal aan verbande af, wat deur al vier die groot banke toegestaan is.

Daar is egter geen teken van huise wat gebou word nie, of hul huise is nog nie voltooi nie.

By twee van die projekte waar bouwerk begin is, is dit gestaak omdat die ontwikkelingsmaatskappy, Theos Projects, nie die kontrakteur betaal het nie.

Finansiering wat vir die bou van huise toegestaan is, is nie alles vir die bouprojekte gebruik nie.

Sake24 is bewus van minstens tien ontwikkelings landwyd waar meer as 4 000 eiendomme deur Theos Projects en van sy filiale bemark en verkoop is. Dié transaksies behels dat kopers ’n erf koop saam met ’n boupakket om ’n huis te bou. Erfpryse begin by R265 000 en boupryse by R249 900.

Intussen is slegs 42 huise voltooi.

Die ontwikkelings sluit in Heri­tage Manor (Krugersdorp), Sagewood Manor (Midrand), Misty Hills (Bronkhorstspruit), Heatherview (Pretoria-Noord), Sekelbos (Brits), Eastwood (Springs), Nonyana (Vaalrivier) en Bridgemead (Port Elizabeth). Theos Projects brei uit dat dit klap.

In ’n ontleding van die maatskappy staan dat hy 21 projekte landwyd het met ’n totale waarde van R8,8 miljard en toekomstige projekte met ’n waarde van R22 miljard vir tussen 2008 en 2010.

Een van die maatskappy se filiale, Red Coral Investments 13, is ­reeds gelikwideer en ’n tweede filiaal, Red Coral Investments 37, is onder voorlopige likwidasie geplaas.

By Heritage Manor in Krugersdorp oefen mnr. Frikkie Mellett van Proud Afrique tans sy retensiereg uit. Proud Afrique is deur Theos Projects se filiale Red Coral Investments 13 en New Approach Building as bouer van al die eenhede in die Heritage Manor- en die Sagewood-ontwikkelingskomplekse aangestel. Bouwerk het tot stilstand gekom omdat hy nie betaal is nie, sê Mellett. Atkins skuld hom glo R32 miljoen en Proud Afrique is as gevolg daarvan gelikwideer, sê hy.

Van die beplande 422 huise in die ontwikkeling is slegs 219 in verskillende fases van voltooiing en slegs 42 is al voltooi.

Mellett sê wat by Heritage gebeur het, is dat die erwe in die kopers se name geregistreer is, wat hul verbande by die banke geaktiveer het. Hy sê die geld vir die erwe is deur die banke aan Atkins betaal. Van die geld moes gebruik word om die bouprojek aan die gang te kry, maar dit het nie gebeur nie.

Van die kliënte het toe in ’n stadium opgehou om hul verbandpaaiemente te betaal omdat die bouwerk nie gevorder het nie. Die banke het toe outomaties die geld uit hul boukapitaal gehaal, wat beteken hul boupakket is opgevreet. Dit het tot gevolg dat die bouer nie sy geld kry nie en die kliënt nie sy huis nie.
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dins 16:37

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...