Veranderinge kan KMO’s tot hul reg laat kom

Dit is verbasend dat die regering nie daarin kon slaag om ’n ondersteuningstelsel vir KMO’s op die been te bring nie.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Gee minder uit, spaar minder

Jul 16 2010 05:00 Maarten Mittner Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

NOK-skuld kan opskiet

'Regering skuld niks ná WB'

Brittanje verhoog taks

 
Minder besteding én minder besparing.

Dít is wat Suid-Afrikaanse verbruikers vir die res van die jaar beoog, is in ’n ondersoek deur MasterCard se wêreldwye ondersoek na verbruikers se bestedingsprioriteite bevind.

Die ondersoek skets ’n prentjie van verbruikers wat steier onder ’n skuldlas wat hulle dwing om huishoudelike en diskresionêre besteding in te kort, maar terselfdertyd steeds min oorlaat om te spaar.

Altesame 45% van die verbruikers wie se mening getoets is, het aangedui hulle gaan hul besteding aan diskresionêre items, soos klere, uiteet en verbruikerselektronika, inkort. Dit is beduidend meer as die 38% wat ses maande gelede só gesê het.

Ses maande gelede het 47% gesê hulle gaan meer spaar. Dié syfer is nou net 37%.

Die ondersoek wys dis onwaarskynlik dat die stewige ekonomiese groei van 4,6% in die eerste kwartaal die res van die jaar sal voortduur. Me. Kay Walsh, senior ekonoom by Deloitte Suid-Afrika, verwag groei van tussen 2% en 3%. “Ons verwag steeds ’n ekonomiese herstel, maar meer matig as voorheen.”

Die ontsparingskultuur van verbruikers sal nie gou verander nie. Dalende reële inkomste en werkverliese kan selfs verbruikers se penarie verder vererger, sê sy.

Altesame 36% van verbruikers sê hulle gaan oor die volgende ses maande minder spaar. In die eerste helfte van die jaar het 23% só gesê. Altesame 76% sê nou hulle inkomste is nie groot genoeg om te spaar nie.

Oor alle kategorieë het 77% van die verbruikers gesê hulle is voornemens om minder as 21% van hul inkomste oor die volgende ses maande te spaar. Dit is ’n styging van 9 persentasiepunte vergeleke met 68% ses maande gelede.

Die aantal verbruikers wat kop bo water hou deur hul inkomste net aan noodsaaklike huishoudelike items te bestee, het tot 58% gestyg – 18 persentasiepunte hoër as ses maande gelede. Huishoudelike items sluit in skoolgelde, kos, vervoer, mediese uitgawes en versekering.

Walsh sê die meerderheid Suid-Afrikaners het nog altyd die grootste deel van hul inkomste aan huishoudelike uitgawes bestee. Net die top-20% kon dit bekostig om ’n wesenlike deel van hul inkomste te bestee aan diskrêsionere uitgawes soos voertuie, mode en uiteet.

Die resessie en stram ekonomiese omstandighede raak ook nou dié hoërinkomstegroepe.

Die grootste deel van besteebare inkomste in dié groep (44%) word bestee aan klere en verwante toebehore en 33% aan uiteet en vermaak. Die aankoop van verbruikerselektronika is teen 22% nou die derde grootste bestedingsitem en het die opgradering van ’n huis (21%) verbygesteek.

Die ondersoek is vir die eerste keer na verskeie ander Afrika-lande uitgebrei. Verbruikers in Nigerië, Kenia en Marokko huldig ander sienings oor besteding as Suid-Afrikaanse verbruikers, het die opname getoon.

Gemiddeld 54% van Afrika-verbruikers buite Suid-Afrika sê hulle gaan oor die volgende ses maande meer spaar teenoor Suid-Afrika se 37%. In Kenia het 63% so aangedui en in Nigerië 84%.

Walsh sê Keniaanse verbruikers het ’n beduidend groter spaarkultuur as dié in Suid-Afrika, veral vir opvoedkundige uitgawes.
 
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dond 17:44

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...