Johannesburg. - Kredietverlening aan die private sektor het in
Junie jaar-tot-jaar met 0,92% gegroei.
Dit is op van Mei se 0,8%.
Die Reserwebank het Donderdag ook aangekondig die M3-geldvoorraad
het met 2,41% gegroei in die jaar geëindig Junie 2010. Dit is op van 1,4% vir
die jaar geëindig in Mei.
Die verwagting was dat kredietverlening met 1% sou groei terwyl die
M3 se verwagting 2,3% was.
Die land se totale huishoudelike kredietverlening het teen 1,14%
gegroei in Junie van 1,02% in Mei.
Totale lenings en voorskotte het jaar-tot-jaar met 1,25% in Junie
gegroei (1,% in Mei).
Die bank het ook gesê sy internasionale likiditeitsposisie het in
Junie gestyg tot $38,189 miljard ($37,928 miljard in Mei).
Ekonome het Donderdag gesê die groter vraag na krediet hou
waarskynlik verband met die Wêreldbeker-sokkertoernooi. - I-Net Bridge