Johannesburg. - Nafhold, die beleggingsafdeling van Nafcoc, gaan ontslae raak van
R1,5 miljard se aandele in die Tsogo Sun.
Die besluit is in Maart op ’n aandeelhouersvergadering
geneem.
Die aandele sal in ’n terugkoop-transaksies losgemaak word.
’n Sekere deel sal egter as voorkeur-aandele in Tsogo gehou word.
Dit sal verseker dat Nafcoc regstreekse finansiering uit dividende vir sewe jaar
kry.
Kwalifiserende lede van Nafcoc sal kontant-uitbetalings kry.
’n Gedeelte sal opsy gesit word vir ’n studiebeurs-trust en nog ’n
gedeelte om mikrolenings toe te staan.
Lenings van R500 000 of meer sal ook in terme van breë swart
bemagtigings toegestaan word uit die opbrengs. - Sapa