Johannesburg. – Produsentepryse het in November steeds gedaal.
Statistieke Suid-Afrika (SSA) het pas die produsenteprysindeks (PPI) vir verlede maande bekend gemaak. PPI-inflasie op jaargrondslag was -1,2%, die sewende agtereenvolgende maand van negatiewe PPI-inflasie.
Dis is heelwat meer as Oktober se -3,3%
Op ’n maandgrondslag het produsentepryse met 0,8% geklim ná Oktoner se daling van 0,1%.
Petroleum- en steenkoolprodukte en mynbou en steengroefwerk het die meeste tot die styging in PPI-inflasie bygedra.
Die pryse van petroleum- en steenkoolprodukte het in Oktober nog mer 26,2% op ’n jaargrondslag gedaal en in November met slegs 15,8%.
Die PPI vir mynbou en steengroefwerk het in November met slegs 0,7% op ’n jaargrondslag gedaal teenoor Oktober se daling van 6,1%.