Veranderinge kan KMO’s tot hul reg laat kom

Dit is verbasend dat die regering nie daarin kon slaag om ’n ondersteuningstelsel vir KMO’s op die been te bring nie.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

SA verloor steeds poste

Jul 28 2010 07:25 Jan de Lange Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Werkloosheid gaan nog lank grynstande wys

Indiensnemingsyfers skok

Arbeidsmark bly kwyn

 
Johannesburg. - Die amptelike werkloosheidskoers het van 25,2% in die eerste kwartaal tot 25,3% gestyg met 61 000 werkgeleenthede wat in die tweede kwartaal tot niet gegaan het.

Die land het volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se arbeidsmagpeiling dus 1,102 miljoen poste verloor sedert begin verlede jaar – 870 000 in 2009, nog 171 000 in die eerste kwartaal en die jongste 61 000 in die tweede kwartaal.

Die werklike werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal egter gestyg van net onder 40% tot 41%, volgens die Buro vir Marknavorsing aan Unisa wat ook uitsetsyfers in die verskillende ekonomiese sektore gebruik om werkloosheid te meet.

“Volgens die Amps-syfers (wat deur die advertensiebedryf vir bemarking gebruik word) is die werkloosheidsyfer nóg hoër, op 63%,” sê prof. Carel van Aardt, direkteur van die buro.

Veral werkloosheid onder jeugdiges het skrikwekkende afmetings aangeneem en het in dié kwartaal vir die eerste keer tot meer as 50% gestyg in die ouderdomsgroep 15 tot 24 jaar. Die amptelike werkloosheidskoers in dié groep, wat waarskynlik ’n onderskatting is, staan op 51,3%.

Indiensneming in die formele sektor het in die tweede kwartaal met 1,4% gekrimp en 129 000 poste is verloor, maar die informele sektor het 5,7% meer mense in diens geneem en het met 115 000 poste gegroei.

Die landbou het met 32 000 werkgeleenthede gekrimp en werkgeleenthede in private huishoudings het met 14 000 gedaal – ’n aanduiding dat die druk op verbruikers nog glad nie verlig is nie.

Van Aardt sê die groei in geleenthede in die informele sektor is eintlik net mense wat een of ander ekonomiese aktiwiteit aanpak om te probeer oorleef.

Hy wys daarop dat SSA sowat 1 miljoen mense, wat vroeër as werkloos geklassifiseer is, oorgeskuif het na die kategorie van ontmoedigdes wat nie meer werk soek nie en dus nie as werkloses beskou word nie.

Volgens SSA se syfers het die vervaardigingsektor in die kwartaal nóg 53 000 werkgeleenthede verloor, wat beteken dat dié belangrike bedryf met 217 000 poste gekrimp het sedert ’n jaar gelede – ’n inkrimping van 11,6%.

Die sorgwekkende is dat poste soos masjienoperateurs en tegnici die meeste van die verlore poste is. Volgens Van Aardt is dit die bykomende produksievermoë wat in die tydperk 2002 tot 2008 opgebou is wat nou tot niet gemaak word.

“Noudat dit lyk asof dié maatskappye weer begin groei, wag hulle eers om te sien of die groei volgehou gaan word,” sê hy. Dis nietemin positief dat die ­werkloosheidskoers stadiger toeneem.

“Die arbeidsmag reageer drie tot ses maande later as ander ekonomiese aanwysers. Ons vooruitskattings dui daarop dat ons in die derde kwartaal steeds werkgeleenthede gaan verloor, maar nog minder as in die tweede kwartaal.

“Die arbeidsmark kan egter in die vierde kwartaal weer begin groei, waarskynlik met tussen 0,1% en 0,2%,” sê Van Aardt.
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dond 17:44

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...