SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Surplus in SA handel verras

Okt 31 2009 03:28 Jana Marais Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

 
Die onverwagte handelsurplus in September – die grootste sedert Desember 2003 – wys die ekonomie is steeds baie swak, met die styging in uitvoer wat darem ’n silwer randjie bied, sê ekonome.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se handelsyfers vir September wys ’n surplus van R3,87 miljard, vergeleke met Augustus se handelstekort van R1,98 miljard. Ekonome wat deur Bloomberg ondervra is, het ’n gemiddelde tekort van R1 miljard vir die maand verwag.

Uitvoer het in September met 12,77% vergeleke met Augustus geklim tot R45,5 miljard terwyl invoer met 1,65% gedaal het tot R41,66 miljard.

“Die positiewe nuus is dat uitvoer in September taamlik geklim het, maar dit is steeds uitsonderlik swak as dit met verlede jaar se syfers vergelyk word. Die slegte nuus is dat invoer daal. Veral besteding aan kapitaalgoedere is baie, baie laag vergeleke met ’n jaar gelede,” sê mnr. Dennis Dykes, hoofekonoom van Nedbank.

September se uitvoer is grotendeels aangevuur deur ’n 32%-styging in die uitvoer van edel- en halfedelmetale en -stene, wat met verkope van R12,9 miljard verreweg Suid-Afrika se grootste verkoopsitem internasionaal is. Ander produkte wat sterk vertoon het, sluit in ’n 27%-styging tot R3,4 miljard in die verkope van voertuie en voertuigtoerusting en ’n 27%-styging tot R7,8 miljard in die uitvoer van onedel-metale.

Die verlaging in totale invoer vir die maand is grotendeels toeskryfbaar aan ’n 20%-daling in minerale produkte, meestal olie, tot R10,3 miljard, terwyl aankope van masjinerie, meganiese en elektriese toerusting met 1% gedaal het tot R10,4 miljard. Die invoer van voertuie en voertuigtoerusting het egter met 10% geklim tot R3,1 miljard.

“Die 12,7%-styging in uitvoer is ’n bewys van die herstel in buitelandse voorraadvlakke terwyl die voortdurende afname in invoergroei steeds ’n weerspieëling van die swak vaste investering deur die private sektor is,” het ekonome van Rand Aksepbank in ’n nota aan kliënte gesê.

Uitvoer in die nege maande tot einde September het altesame R382 miljard beloop, bykans 22% minder as in die ooreenstemmende tydperk in 2008. Invoer het oor dié tyd vanjaar bykans R400 miljard beloop, 27% minder as 2008 se R544,7 miljard.

Asië is steeds die grootste bron van invoer, hoewel dit in die nege maande tot einde September met 27% gedaal het tot R171,9 miljard. Europa is in die tweede plek met R137,8 miljard, 24% minder as in die eerste nege maande van 2008.

Asië het Europa vanjaar verbygesteek as die grootste koper van Suid-Afrikaanse produkte, met R122,3 miljard se uitvoer, 17% minder as in 2008. Uitvoer na Europa het met 30% gedaal tot R109,9 miljard. Uitvoer na die Amerikas het met 41% gedaal tot R36,5 miljard, volgens statistieke van die SAID.

  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Kommentaar vir hierdie artikel is toe

Indekse

Laas Opgedateer: Dins 15:52

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...