Voorblad
Jun 17 2010 00:00
Telkom se volgende uitvoerende hoof sal die maatskappy maak of breek. Daar was nog nooit sedert sy stigting as ’n afsonderlike entiteit in 1991 – trouens, nog voor dit, toe hy van ’n telegraafmaatskappy in ’n staatsdepartement omgeskep is voor sy ontbondeling as ’n semistaatsliggaam – ’n meer beslissende punt in Telkom se geskiedenis nie.
Maatskappye
Jun 17 2010 00:00
DIE EUROPESE skuldkrisis saai (soos begryp kan word) verwoesting met die euro, die enkele Europese geldeenheid. Ons bekyk ’n grafiek van die euro teenoor die Amerikaanse dollar, wat onlangs onder ’n langtermynsteunvlak deurgebreek het. Ons bekyk ook ’n grafiek van die VSA$ teenoor die rand, wat verswak. Die grafieke dui daarop dat die euro steeds gaan verswak, al sal oplewings tussenin voorkom. Hou intussen steunvlakke vir die VSA$/rand vir ’n moontlike korttermynrandlopie dop.
Insig
Jun 17 2010 00:00
Die nuwe ekonomiese wêreld waarin ons nou (oor)leef, het die waarde van sommige ekonomiese aanwysers heeltemal verander en ander heeltemal waardeloos gemaak. Tog word daar steeds daagliks ’n hele paar keer op die nuusbulletins oor die goudprys verslag gedoen. Goud se bydrae tot SA se bruto binnelandse produk is al lank nie meer so belangrik nie. Selfs ons uitvoerverdienste uit die edelmetaal is nou al aansienlik minder as dié van platinum, steenkool en motors.
Geldkliniek
Jun 03 2010 00:00
Die JSE se indeks van alle aandele kan ’n mens soms mislei. Die rede is dat sekere groot maatskappye, veral die hulpbrongroepe, soveel gewig dra dat hulle wat werklik op die mark aan die gang is, kan verdoesel.