SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Laatslapers kan nog medies kry

Jun 26 2010 06:15 Letitia Watson Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Mediese fondse ongesond oor stygende koste

Fonds móét VMV betaal

Standard Bank skep fonds vir swart boere

 
Mediese fondse kan ’n algemene wagtydperk van drie maande, ’n toestand-spesifieke wagtydperk van 12 maande en ’n boete vir laat aansluiting instel.

Hoe raak dit jou as jy van fonds wil verander of die eerste keer aansluit?

 Wanneer jy vir die eerste keer by ’n mediese fonds aansoek doen of van een fonds na ’n ander wil omskakel, kan wagtydperke van toepassing wees waartydens jy nie ’n eis kan indien nie.

As jy voorts 35 jaar of ouer is en nie bewys van vorige lidmaatskap van ’n mediese fonds kan lewer nie, kan ’n boete vir laat aansluiting ook op jou maandelikse bydrae gehef word. 

Jou fonds sal waarskynlik ’n algemene wagtydperk van drie maande instel voordat voordele vir nuwe lede uitbetaal word.

Voordele sal in dié tydperk nie eens uit ’n mediese spaarrekening betaal word nie, behalwe vir sekere prosedures wat gedek word onder voorgeskrewe minimum voordele (VMV’s) soos bepaal word deur die Wet op Mediese Skemas.

Hoe werk dit prakties? ’n Man wat ’n fondslid is, trou op 1 Maart. Hy doen onmiddellik aansoek om sy vrou as sy afhanklike te registreer. Sy is 25 jaar oud en het nog nooit aan ’n fonds behoort nie. Sy is ook swanger en kry op 1 Oktober ’n baba.

Die onderskrywingsvoorwaardes wat die fonds ingevolge die Wet op Mediese Skemas op moeder en kind kan toepas, is soos volg:

’n Algemene wagtydperk van drie maande en ’n 12-maande-uitsluiting slegs ten opsigte van swangerskap sal vir die voorafbestaande toestand op die vrou van toepassing wees omdat sy reeds swanger was toe sy lid van die fonds geword het, sê mnr. Marcel du Toit, uitvoerende hoof van Optivest Health Services.

Die swangerskap is glad nie gedek nie omrede dit ’n spesifieke uitsluitsel is wat die fonds volgens wet mag instel aangaande die 12-maande- spesifieke uitsluiting op bestaande toestands.

As ’n lid vir die eerste keer aansoek doen om lidmaatskap, is geen VMV-toestands gedek binne daardie wagtydperke nie.

As sy vir 24 maande en minder lid van ’n fonds was en skuif dan na ’n ander, met ’n breuk van minder as 90 dae, kan die nuwe fonds wel ’n 3-maande- en ’n 12- maande- spesifieke wagtydperk toepas op die lid, maar die VMV-toestands gaan wel gedek wees.

Volgens Du Toit beteken dit as die lid oorskuif en reeds swanger is en sy kraam binne haar 12- maande- spesifieke wagtydperk, moet die fonds die koste betaal volgens fondsreëls, en VMV-voordele omdat dit ’n VMV is. Die lid moet dan egter die fonds se diensverskaffer van keuse gebruik.

Die ouers kan die kind dadelik as lid van die fonds registreer, hoewel hulle 30 dae vanaf geboorte tyd het om dit te doen.

Wagtyd vir toestand

Afhangend van jou mediesefondsgeskiedenis kan ’n wagtydperk van tot 12 maande vanaf die aanvangsdatum van jou lidmaatskap ingestel word wat ’n voorafbestaande toestand betref, soos bogenoemde voorbeeld verduidelik.

Geen voordele word uitbetaal vir enige uitgawes wat met die toestand verband hou nie.

Boete vir laat aansluiting

Dit is ’n boete wat by wyse van bykomende bydraes opgelê word op mense wat laat in hul lewe by ’n fonds aansluit, soos ’n aansoeker wat 35 jaar of ouer is en wat nie voor of vanaf 1 April 2001 tot die aansoekdatum lid van een of meer fondse was sonder ’n onderbreking van meer as drie opeenvolgende maande sedertdien nie.

Bereken die boete só

Jy neem jou ouderdom en trek die totale aantal jare wat jy sedert die ouderdom van 21 lid van ’n fonds was daarvan af.

 Die antwoord gaan volgens ’n spesifieke tabel ’n persentasie van jou premie uitdruk. Die tabel wat gebruik word, werk soos volg: As jou ouderdom minus die aantal jare by ’n fonds tussen 35 en 39 is, is die boete 5%; as dit tussen 40 en 49 is, is die boete 25%; tussen 50 en 59 is dit 50%; en as dit 60 en meer is, is dit 75%.

“Gestel jy is 50 jaar oud is en het voorheen vir 10 jaar aan Liberty se fonds behoort en aan Discovery vir 3 jaar. Dan trek jy 13 van 50 af, wat 37 is. Jou boete vir laat aansluiting sal 5% wees. As jou normale maandelikse bydrae byvoorbeeld R525 is, maar ’n 5%-boete vir laat aansluiting geld, sal jou maandelikse bydrae R551,25 wees,” sê Du Toit.

Dié boete word net bereken op die risikobydrae tot die fonds en nie die volle maandelikse bydrae wat jou spaardeel insluit nie. Om ’n boete te vermy of te minimaliseer, moet jy aan die fonds bewyse gee van vorige lidmaatskap, óf ’n lidmaatskapsertifikaat óf ’n beëdigde verklaring.

Wees eerlik oor jou geskiedenis

Mediese fondse ondervind dat mense soms jok oor hul siektetoestande met die hoop om hul premie te verlaag of wagtydperke te verkort, maar dít kan jou duur te staan kom.

Die risiko is volgens mnr. Thabo Mabeta, voorsitter van Medshield, dat jy in elke geval die rekening vir duur behandelings of operasies gaan betaal as dit uitkom dat sekere toestande reeds voor aansluiting bestaan het.

Jou volledige gesondheidstatus asook chroniese toestande, jou familie se mediese geskiedenis en voormalige operasies moet verklaar word, en ook dié van afhanklikes.

Vra jou dokter of spesialis vir inligting oor toestande waarvoor jy reeds behandeling ontvang het sodat jy nie iets uitlaat nie.
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dins 16:38

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...