SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Landbou verloor poste

Jul 29 2010 08:21 Hennie Duvenhage Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Openbare en private sektor werk saam vir beter mielievariëteite

Indeks wys vertroue in landbou is nog negatief

Landbou sien groter rol ingevolge IPAP2

 
Kaapstad. - Die landbousektor is die sektor wat in die jaar tot einde Junie die grootste persentasie werkgeleenthede ingeboet het.

Dit is egter ook die sektor wat in dieselfde tydperk die grootste persentasie groei in werkgeleenthede vir opgeleide werkers getoon het.

Luidens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse verslag oor werkgeleenthede het die landbousektor tussen Junie 2009 en Junie 2010 sowat 92 000 werkgeleenthede oftewel 13% van sy werkgeleenthede verloor. Plaaswerkers word tradisioneel as ongeskoold of halfgeskoold beskou.

Wanneer egter na die verskillende beroepe gekyk word, toon SSA se verslag dat geskoolde landbou as beroepsrigting in dieselfde tydperk met byna 35% of 29 000 werkgeleenthede gegroei het.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê die groot getal plaaswerkers wat hul werk verloor het, kan deels daaraan toegeskryf word dat plaaseenhede met die aankoop van meer grond groter word terwyl die boer nie noodwendig al die arbeiders van die tweede plaas nodig het nie.

Dit is ’n internasionale tendens dat plaaseenhede groter word om skaalvoordele te verkry met die oog op mededingendheid en finansiële oorlewing.

Daar is ook ’n groter neiging tot meganisasie. Dit verklaar waarom daar ’n toename in geskoolde werkers in die landbousektor is.

Enersyds is daar veralgemenings dat boere hul werkers sleg behandel. Van Zyl sê hoewel daar boere is wat verkeerd optree, wil die meeste die wet gehoorsaam, maar hulle sien nie kans vir al die negatiewe aandag wat die sektor kry nie.

Andersyds is daar die regering wat van die boere verwag om verblyfreg aan arbeiders te gee, maar vir hul eie werkers geld dié vergunning nie.

Hy wys ook daarop dat dit nie meer moontlik is om volhoubaar te boer en mense te hê wat nie werklik tot die onderneming bydra nie. Winsmarges is te klein om sulke mense te dra.

Die verlies aan werkgeleenthede kom aan die vooraand van ’n nasionale plaaswerkerskonferensie die naweek in Somerset-Wes wat gereël word deur die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye.

In die uitnodiging na die konferensie word gesê daar sal aandag gegee word aan die kwesbaarheid van plaaswerkers, veral diegene wat vir ’n lang tydperk aan die ontvangkant van ongeregtigheid was.
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dins 15:48

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...