Johannesburg. - Absa se aandeelprys het Vrydag met meer as 3%
gedaal nadat die bank aangekondig het hy is getref deur ’n lae vraag na krediet
en verwag laer wins in die eerste helfte van 2010.
Die bank, waarvan die Britse bank Barclays, die meerderheid besit,
het Donderdag gesê hy verwag sy verdienste in die eerste helfte van 2010 gaan 5%
laer wees as ’n jaar tevore.
JP Morgan se ontleders was een ontleder wat egter optimisties oor
Absa is.
Deutsche Securities reken ook dis aandele wat gekoop kan word, maar
verkies steeds FirstRand.
Baie van Absa se goeie vertoning in die afgelope ses jaar was te
wyte aan sy beleggingsafdeling Absa Capital wat in die afgelope 12 maande nie
goed gevaar het nie.
Hy het in die jaar geëindig Desember 2009 net R288 miljoen tot wins
bygedra in vergelyking met R2,2 miljard die vorige jaar. - Fin24.com