Veranderinge kan KMO’s tot hul reg laat kom

Dit is verbasend dat die regering nie daarin kon slaag om ’n ondersteuningstelsel vir KMO’s op die been te bring nie.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

De Beers verloor Penny

Jul 23 2010 10:16 David McKay Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Maatskappydata

ANGLO (AGL )

Laaste uitruilwaarde: R281.00
Verandering(%): -0.18
Volume: 4.97m
Markkapitalisasie: R378.03mjd
 

Verwante Artikels

Angloplat verwag puik verdienste

Staat slaan toe op platinummyne

Carroll vat leisels oor by Angloplat

 
Johannesburg. - Mnr. Gareth Penny wat die afgelope vyf jaar uitvoerende hoof van De Beers was, het Vrydag gesê hy gaan die groep “in die komende maande” verlaat.

Die aankondiging kom te midde van ’n herstel tot winsgewendheid in die groep in die eerste helfte van 2010 ná ’n swak periode in 2009 waarin uitset gesny is en ’n kwart van sy personeel afgedank is.

Inkomste was af terwyl skuld geherskeduleer is om druk op die balansstaat te verlig.

Verbetering in wins is te wyte aan beter ekonomiese omstandighede waarin verbruikers weer juweliersware begin koop het, veral in Indië en China en waarin die slyphuise weer begin voorraad opbou het.

Verkope van ongeslypte diamante aan DTC, De Beers se handelsmaatskappy in Londen, was $2,6 miljard.

Produksie van diamante in De Beers het gestyg tot 15,4 miljoen karaat.

In die eerste helfte van 2009 was daar maar 6,6 miljoen karaat gemyn.

Die groep se voorsitter, mnr. Nicky Oppenheimer, sê Penny het in sy termyn die groep uitstekend geposisioneer vir goeie groei.
Daar word egter ook erken dat die ekonomiese herstel wêreldwyd kwesbaar is, veral in die VSA, Japan en Europa. Die res van 2010 word dus versigtig benader.

Gerugte in die bedryf wil dit geruime tyd reeds hê dat Penny gevra is om te gaan sodat ’n nuwe bestuur in plek kan kom. Verwante spekulasie is dat Anglo American, wat 45% van De Beers besit, die diamantgroep weer wil noteer op die JSE nadat die Oppenheimer-familie dit in 2000 gedenoteer het.

Sowel De Beers as Anglo sê egter notering word nie oorweeg nie.

Penny was 22 jaar verbonde aan De Beers. - miningmx.com
 
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dond 17:44

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...