24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Konteks die volgende IKT-gonswoord

Feb 09 2012 06:01 Edward-John Bottomley

Verwante Artikels

Adapt brei uit

Adcorp wil Paracon koop

Pinnacle op 'n hoogtepunt

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Konteks is die volgende groot ­neiging in die tegnologie- en sakewêreld.

Só sê die konsultasie-maatskappy Accenture in sy Technology Visions 2012-verslag, wat onlangs uitgereik is.

Die belangrikste neiging wat Accenture opmerk, is die noodsaak van konteks, of bykomende inligting, in die sakewêreld.

Jou boekwinkel, byvoorbeeld, moet ook weet wie jy is en wat jou koopgeskiedenis is, sê mnr. Willie Schoeman, Accenture se tegnologiehoof in Suid-Afrika. Dit maak dit makliker om spesifieke boeke aan jou te bemark op grond van jou vorige aankope, soos reeds die norm is op webwerwe soos Amazon.

Dit bied ’n meer persoonlike ervaring en skep ’n mate van lojaliteit tussen jou en die winkel.

“Ons is bedrywig in 120 lande en dit gee ons insae in wat in IKT-organisasies aangaan,” sê hy.

Sosiale media word ook al hoe belangriker – nie net as ’n manier vir ondernemings om met mense te kommunikeer nie, maar as ’n manier van sake doen.

“Sosiale media word beskou as ’n soort bemarkingsplatform, maar dit word nou ’n sake-geleentheid. Ondernemings verkoop hul produkte of dienste deur sosiale media. Deur sulke media te gebruik, bou maatskappye ’n verhouding met hul klante.”

Die enorme toename in die inligting wat mense daagliks oordra, beteken dat maatskappye ook al hoe sterker begin fokus op hoe hulle hul data bestuur.

“Sê nou ek laai die foto’s van my digitale kamera op my rekenaar. Later voeg ek nog by. My foto’s begin dan die hele wêreld vol lê,” sê Schoeman. Nie net die hoeveelheid data is dan ’n probleem nie, maar ook die organisasie daarvan.

Dit het ook te doen met die gewildheid van wolkverwerking. “Deesdae lê my data oral en word dit ingewikkeld om te bestuur. Dit lê nie meer net in bedieners êrens elders in die gebou nie, maar in Ierland en in Indië,” sê hy.

Accenture glo meer maatskappye sal hul data begin deel om die bestuur daarvan makliker te maak. Dit veroorsaak egter kwellings oor sekuriteit. “Die sekuriteitsmaatreëls wat maatskappy tans gebruik om hul data te beskerm, is nie voldoende nie,” sê Schoeman. Hy sê daar word deesdae ook van maatskappye verwag om al hoe vinniger nuwe tegnologie of dienste te skep. Alles moet deesdae binne ure gebeur, sê Schoeman.

Dis moontlik deurdat maatskappye rekenaars, dienste en sagteware kan huur en sodoende vinnig ’n nuwe produk kan skep en toets.

“Dit beteken dat selfs klein maatskappye nou met die bielies kan meeding,” sê Schoeman.

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...