24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Moenie dokumente net weggooi

Feb 02 2012 07:00 Heléne Cilliers

Verwante Artikels

Nuwe Sassa-stelsel beter, goedkoper

Verdeeldheid in landbou knel ekonomie

Busa wil sekerheid hê ná uitsprake

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Pretoria. – Dit is ironies dat die meeste ondernemings duisende rande bestee aan die beskerming van hul elektroniese data, maar vreemdelinge vertrou om die papierdokumente wat hulle nie meer nodig het nie, te verwyder.

Ondernemings en nywerhede moet hul dokumentvernietigingspraktyke, wat dikwels oor die hoof gesien word en ’n belangrike aspek van databeskerming is, hersien, sê mnr. Gianmarco Lorenzi, uitvoerende hoof van Cleardata.

Dokumente wat persoonlike inligting soos adresse en bankbesonderhede bevat en afskrifte van identiteitsdokumente moet vernietig word op ’n manier wat verhoed dat iemand dit kan misbruik.

Benewens die voor die hand liggende risiko’s, soos identiteitsdiefstal en die uitlap van handelsgeheime, kan die wetlike implikasies van nie-voldoening ’n maatskappy duur te staan kom en sy reputasie skaad, sê Lorenzi.

“Konsepwetgewing oor die beskerming van persoonlike inligting gee vir die eerste keer aandag aan die belangrikheid van hoe ondernemings inligting versamel, berg, verwerk en uiteindelik weggooi.”

Wanneer die wetgewing van krag word, sal alle ondernemings of gebruikers verplig wees om die veiligheid van die inligting te respekteer, sê hy. Kliënte sal van byvoorbeeld hul bankiers kan verwag om persoonlike inligting te vernietig sonder om hul identiteit of persoonlike inligting bloot te stel. Siviele en strafregtelike boetes sal vir nie-nakoming opgelê kan word.

Lorenzi beveel aan dat die regering, banke en die mediese en finansiële sektor, wat daagliks groot hoeveelhede persoonlike inligting behartig, versigtig is wanneer hulle ontslae raak van dokumente. “Benewens die regsgevolge is dit net goeie sakesin om jou kliën­te se persoon­like inligting te beskerm sodat jy goeie verhoudinge handhaaf.”

Hy sê die meeste groot Suid-Afrikaanse maatskappye begin die belangrikheid van die verantwoordelike vernietiging van dokumente ­besef as gevolg van die druk van ­internasionale beheermaatskappye en groter bewustheid van die risiko’s wat dit inhou as dit nie gedoen word nie. Deesdae is daar ook ’n groter fokus op die vermindering van koolstofvrystellings en op papierherwinning.

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...