24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Regering ontken beweringe oor MTN

Feb 06 2012 07:00

Maatskappydata

Mtn Group [JSE : MTN]

Laaste verhandeling R132.69
Change R0.19
% Verandering 0.14%
Volume 1.39m
Markkapitalisasie R250.11mjd

Laas Opgedateer: 21/05/2012 op 13:04. Aandeelpryse is met 15 min vertraag. Bronne: McGregor BFA

 

Verwante Artikels

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Die regering het die naweek ontken dat MTN druk op hom geplaas het om Iran se kernprogram te ondersteun.

“Suid-Afrika se buitelandse beleid is onafhanklik en kan deur niemand beïnvloed word nie,” sê mnr. Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van buitelandse sake.

MTN word in die VSA deur sy Midde-Oosterse mededinger Turkcell gedagvaar oor ’n selfoonlisensie in Iran.

Turkcell, wat in 2004 onsuksesvol aansoek gedoen het om dié lisensie, het Vrydag bevestig dat hy hom na die hof wend.

“Onderhandelinge tussen ons maatskappy en MTN is ’n wesenlike tyd aan die gang en dié gesprekke duur nog voort,” het die maatskappy in ’n verklaring gesê.

Turkcell sal in die hof MTN daarvan aankla dat hy Suid-Afrika se regering aangemoedig het om Iran se kernprogram te ondersteun. Die Turkcell-selfoonmaatskappy sal MTN ook daarvan aankla dat hy die regering gevra het om wapens aan Iran te verskaf en militêre personeellede om te koop in ’n poging om die lisensie te verkry.

MTN het die bewerings verwerp maar die maatskappy se aandeelprys het Vrydag in ’n stadium met tot 4,4% gedaal. Die aandeelprys is ook geknou deur ’n laer kredietgradering van Credit Suisse.

Mnr. Cyril Ramaphosa, MTN se voorsitter, het in ’n verklaring gesê die maatskappy het ’n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor korrupsie en onetiese sakepraktyke. MTN sal ’n spesiale komitee aanstel om die klagtes te ondersoek.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...