24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

SpaceX kry groen lig van Nasa

Jan 22 2012 05:00 Anél Viktor

Verwante Artikels

Syfers wys moontlike herstel in VSA

Kommer oor VSA-wet se invloed op SA

Tafel gedek vir goud-lopie

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – ’n Private maatskappy sal aanstaande maand die eerste keer ’n ruimtetuig lanseer en om die aarde laat wentel – en ’n gebore Suid-Afrikaner is die brein agter die projek.
Die Suid-Afrikaans gebore mnr. Elon Musk se SpaceX-maatskappy het die groen lig van die Amerikaanse lugvaart-en-ruimte-agentskap (Nasa) gekry om ’n ruimtevlug na die Internasionale Ruimtestasie (IRS) te onderneem.

Nasa het ’n kontrak ter waarde van $1,6 miljard met die maatskappy gesluit vir ’n minimum van 12 ruimtevlugte, met die opsie om bykomende sendings uit te voer.

Daar is ’n sterk moontlikheid dat SpaceX­ begin volgende maand gereed sal wees om sy eerste ruimtevlug na die IRS te onderneem.

Dit kan selfs al op 7 Februarie gebeur, volgens Nasa, mits SpaceX se ruimtetuig aan al Nasa se standaarde vir kommersiële wentel- ruimtevlugte voldoen.

Musk, uitvoerende hoof van die maatskappy, het einde verlede jaar in ’n verklaring gesê SpaceX se Falcon 9-vuurpyl en Dragon-ruimtetuigkapsule se eerste toetsvlug het baie goed verloop.

Dit het behels dat die Dragon-kapsule homself suksesvol van die Falcon 9-vuurpyl moes losmaak, die atmosfeer moes binnedring en daarna met die hulp van ’n valskerm in die Stille Oseaan moes land. Musk is vol hoop dat die volgende twee toetse ewe suksesvol sal wees en sy maatskappy die teikendatum sal haal.

Vir die volgende toetsvlugte moet die Dragon-kapsule beman word. Ruimtevaarders moet dit regkry om die kapsule aan die IRS te anker, die kapsule oop te maak en vragte van die IRS daarin oor te laai en uiteindelik weer terug aarde toe te bring.

Die kapsule behoort aan die kus van Kalifornië in die Stille Oseaan te land.

As die Dragon-kapsule hierdie taak kan uitvoer, kan SpaceX later vanjaar op ’n gereelde grondslag ruimtevlugte na die ruimtestasie onderneem.

Nasa hoop vir twee vlugte in 2013 en drie in 2014.

SpaceX het reeds in 2008 toestemming van Nasa verkry om kommersiële vuurpyle te ontwikkel waarmee hy af en toe vragte of selfs ruimtereisigers heen en weer na die IRS kan stuur. Dié kontrak is destyds gesluit met die oog op die beëindiging van Nasa se pendeltuig-program einde verlede jaar.

Musk het SpaceX in 2002 gestig en die maatskappy onderneem al geruime tyd ruimtevlugte en ruimte-lanserings.

 - Bronne: spacex.com, die Nasa-webblad, Bloomberg en earth­techling.com.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...