Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Kaapstad. – Al hoe meer verbruikers glo die toekoms van kleinhandel is in aanlyn dienste. Dit
beteken ondernemings het heelwat ontwikkelingsgeleenthede.
Navorsing deur PayU vir News24 wys dat 75% van die respondente
aktiewe aanlyn klante is en almal reken e-handel gaan ’n deurslaggewende rol in
die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie speel.
Aanlyn kleinhandel groei in Suid-Afrika met rasse skrede. Volgens
navorsing deur World Wide Worx reken verreweg die meeste plaaslike aanlyn
kleinhandelaars dat hul verkope verlede jaar tussen 40% en 60% beter was as in
die vorige jaar.
In die feestyd was die omset van Suid-Afrika se grootste aanlyn
kleinhandelaar, Kalahari.com, 30% hoër as ’n jaar tevore en hy het 87% meer
klante gekry.
In die drie maande voor die feestyd het 85% van PayU se
respondente aangedui dat hulle vir die feestyd aanlyn inkopies gedoen het.
“Ons is opgewonde oor die toekoms van
aanlyn kleinhandel in Suid-Afrika en glo dit hou groot potensiaal vir plaaslike
ondernemings in,” sê mnr. Mark Chirnside, uitvoerende hoof van PayU MEA.
Die voordele van aanlyn inkopies is volgens internetgebruikers
oorwegend gerief, prys en vinnige diens: Daar is ’n groot produkverskeidenheid;
pryse kan aanlyn vergelyk word; inkopies word by jou deur afgelewer sonder dat
jy self winkel toe moet gaan; en die pryse is mededingend.
Volgens Chirnside bevestig die navorsing dat verbruikers al hoe
meer die voordele van aanlyn inkopies raaksien.
“Hoe gewilder dit word, hoe groter word die geleentheid dat
Suid-Afrikaanse ondernemings die ekonomiese voordele benut deur nuwe klante
aanlyn te bereik.”
Die navorsing het ook getoon dat die meeste respondente (77%) voel
dat die betalingdiensverskaffer wat gebruik word, ook kredietwaardigheid aan die
aanlyn kleinhandelaar gee.
Luidens World Wide Worx se Online Retail Report 2011 word die
grootste aanlyn groei in die Asiaties-Pasifiese streek, die Midde-Ooste en
Afrika verwag.
Dié streke sal teen 2014 na raming 54,9% van die wêreld se aanlyn
bevolking verteenwoordig, vergeleke met 34,1% in Noord-Amerika en Europa.