24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Vloede laat pryse van hardeskywe styg

Jan 06 2012 07:00 Heléne Cilliers

Verwante Artikels

Thailand: Versekering-invloed was min

NOK help met vloedverligting

VN waarsku oor vloed en voedselsekerheid

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Die prys van rekenaarhardeskywe het sedert November in Suid-Afrika met tussen 200% en 400% gestyg weens die vloede verlede jaar in Thailand wat fabrieke daar se produksievermoë erg ontwrig het.

Die skade aan produksiegeriewe dra by tot die tekort en die maande lange wagtyd vir sekere hardeskywe in Suid-Afrika.

Die vooraanstaande IT-navorsingsfirma Gartner sê benewens die vloede in Thailand sal ekonomiese probleme veroorsaak dat besteding aan inligtingstegnologie vanjaar wêreldwyd stadiger sal groei as wat vroeër verwag is en in Wes-Europa sal besteding selfs daal.

Gartner het sy voorspelling vir 2012 se wêreldwye IT-bestedingsgroei verlaag tot 3,7% teenoor die vorige skatting van 4,6%.

Verlede jaar het IT-besteding wêreldwyd altesame $3 700 miljard beloop, wat 6,9% meer was as in 2010.

“Wankelrige ekonomiese groei wêreldwyd, die krisis in die eurogebied en die impak van die vloede in Thailand op die produksie van hardeskywe het hul tol geëis met die vooruitsigte vir IT-besteding,” het mnr. Richard Gordon, visepresident vir navorsing van Gartner, in ’n verklaring gesê.

Hy sê weens die vloede sal die aanbod van hardeskywe oor die volgende ses tot nege maande met 25% of meer afneem omdat Thailand ’n belangrike sentrum is vir die produksie van voltooide hardeskywe en komponente.

“Dit sal tyd kos om die fabrieke te herstel wat in die vloede verwoes is en die gevolge hiervan sal die hele 2012 en baie waarskynlik tot in 2013 voortduur,” het Gordon gesê.

In Suid-Afrika voel eindgebruikers die gevolge hiervan reeds aan hul sak.

Volgens mnr. Jaco Erasmus, ondernemingsprodukspesialis van die IT-invoerder en -verspreider Drive Control Corporation, het hardeskyfpryse sedert November met 200% tot 400% gestyg, veral dié van die groter en nuwer produkte.

Erasmus sê die vraag na dié produkte is reeds baie groter as die aanbod. Hy sê van hul verskaffers se fabrieke lewer tans teen 60% van hul vermoë terwyl ander nog glad nie weer aan die gang is nie. Hy sê selfs wanneer die fabrieke weer teen 100% kan lewer, kan daar nog lank ’n agterstand wees.
Op die oomblik is Drive Con­trol se wagtydperk vir veral nuwe produkte sowat drie maande.

Gartner het gesê as gevolg van die tekort aan hardeskywe het hy ook sy voorspelling oor die hoeveelheid rekenaarversendings verlaag.

“Met die krisis in die eurogebied wat onsekerheid vir ondernemings sowel as verbruikers in Wes-Europa veroorsaak, het ons ons voorspelling aangepas en ons verwag ’n 0,7%-afname in IT-besteding in Wes-Europa in 2012,” het Gordon gesê.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...