24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Aanlyn bedreig kleinhandel

Feb 05 2012 06:00 Adri van Zyl en Mari Beukes

Verwante Artikels

Toekoms lê in 'n kliek

Accor reken aanlyn plan is goud

Die hooi op Musk se vurk

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Suid-Afrikaanse kleinhandelaars is goeie maatskappye, maar hul aandeelpryse is hoog en dit is nie ’n uitgemaakte saak dat hulle die groei in hul verdienste sal kan volhou nie.

Mnr. Paul Bosman, portefeulje­bestuurder by PSG Batebestuur, sê kleinhandelaars en banke is twee sektore wat bedreig word omdat dit nie meer so moeilik soos in die ver­lede is om tot die bedryf toe te tree nie.

Bosman sê die grootste bedreiging vir die volgehoue sterk groei in kleinhandelaars is die toetrede van buitelandse maatskappye tot die Suid-Afrikaanse mark (soos Walmart) en die groei in aanlyn inkopies.

Daar is al meer maatskappye met webwerwe waar inkopies gedoen kan word.

Volgens Bosman is die strawwe mededinging onder kredietverskaffers ook ’n spesifieke bedreiging vir meubelhandelaars. Hulle loop die gevaar om hul verkope te knou deur té hoë rentekoerse te vra op kredietooreenkomste.

Mnr. Chris Gilmour, portefeuljebestuurder van Absa Batebestuur, sê Suid-Afrikaanse kleinhandelaandele is baie duur.

“As ons hulpbronaandele buite berekening laat, is die prys-verdienste-veelvoud (p/v) van die JSE se algehele indeks by 16 en hoër as sy langtermyngemiddeld.”

Die p/v van ’n aandeel dui aan hoeveel rand beleggers bereid is om te betaal vir elke rand van die maatskappy se verdienste.

Wanneer ’n aandeel ’n hoë p/v het, kan dit daarop dui dat beleggers bereid is om meer vir die aandeel te betaal omdat hulle verwag dat die maatskappy se verdienste in die toekoms gaan styg.

Beleggers op soek na groei kies dus aandele met hoë p/v’s, maar beleggers wat soek na meer waarde vir hul geld koop aandele met laer p/v’s.

Mnr. John Morris, beleggingstrateeg vir Suid-Afrika by Bank of America Merrill Lynch (BofAML), sê beleggers het sedert die derde kwartaal van verlede jaar baie defensiewe aandele gekoop en dus dié aandele se pryse opgestoot.

Kleinhandelaandele word as defensief beskou omdat hulle konstante opbrengste bied ongeag die toestand van die ekonomie.

“Kleinhandel, banke en telekommunikasie lyk minder aanloklik as in 2011 en lyk duur teenoor ander ontluikende markte,” sê Morris.

Hy sê buitelanders het die afgelope drie jaar baie in kleinhandel in ontluikende ekonomieë belê, om te probeer munt slaan uit sterker verbruikersbesteding in dié lande.
Suid-Afrikaanse kleinhandelaandele se waardasie het hulle voorheen 40% goedkoper gemaak as kleinhandelaandele in ander ontluikende markte, maar verlede jaar se defensiewe lopie het dié verskil uitgewis.

Morris sê kleinhandelaandele kan noodsaaklike verskansing teen inflasie bied – mits beleggers die regtes kies.

“Ons verwag vanjaar swakker ekonomiese groei en voedselinflasie wat voedselkleinhandelaars in die ­laer LSM-markte, wat laer waardeer is, op ons radar hou.”

BofAML kies AVI, Spar en Bidvest vir beskerming teen inflasie. Met ’n p/v van 21 bied Spar die beste waarde vir geld van die drie groot Suid-Afrikaanse
voedselkleinhandelaars. Shoprite se p/v staan op 26 en P n P s’n op 36. PSG meen dat P n P steeds ’n goeie kopie is, asook AVI.

Morris sê beleggers moet ook die regte oomblik kies wanneer hulle kleinhandelaandele koop.

“Ons koop versigtig uitgekiesde kleinhandelaandele wanneer die rand swak is. ’n Sterk rand versterk kleinhandel en ’n swak rand beïnvloed dit negatief. Beleggers moet dus die gunstigste omstandighede kies om kleinhandel te koop.”

Gilmour sê weer voedselkleinhandelaars is veral oorwaardeer.

“Hulle sal beslis goed vaar te midde van inflasie, maar dit is meer as verdiskonteer in die aandeelprys. Jy moet jouself afvra of jy bereid is om só duur te betaal vir beskerming.”

Gilmour meen JD Group en Lewis bied goeie waarde vir geld.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...