24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Badminton se groet verras nie

Feb 09 2012 06:00 Letitia Watson

Verwante Artikels

PnP verskaf kitskontantgerief

PnP open nog 'n winkel in Zambië

PnP-verkoop van Franklins 'n tree nader

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Kaapstad. – Die bedanking van mnr. Nick Badminton as uitvoerende hoof van Pick n Pay is nie werklik ’n verrassing vir die kleinhandelaar se direksie nie, het mnr. Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay, gister gesê.

“Ons het geweet dit moet kom. Nick is al 32 jaar by die maatskappy en ons het al daaroor gepraat dat hy ’n blaaskans wil neem. Hy het verskeie doelwitte gehad wat hy nou bereik het. Al sy kinders neem oorbruggingsjare, nou is dit sy beurt,” het Ackerman aan Sake24 gesê.

Die Pick n Pay-direksie was klaarblyklik gereed vir groot skuiwe met die aanstelling van mnr. Richard van Rensburg verlede jaar as adjunk- uitvoerende hoof. Voorts is die internasionale kleinhandelghoeroe mnr. Helmut Hoerz pas as hoof van handelsware aangestel.

Afrika se derde grootste kleinhandelaar se aandeelprys het die nuus nie goed gevat nie en die res van die dag laer verhandel.

Badminton het in ’n verklaring gesê dat die belangrikste veranderinge wat nodig was om Pick n Pay te transformeer nou reeds gedoen of ver gevorder is.

In 2007 het hy die bestuur oorgeneem van ’n maatskappy wat transformasie nodig gehad het.

Onder sy leiding is SAP intussen suksesvol ingestel; Franklins in Australië verkoop; aggressief in Afrika uitgebrei; en omvattend in die sentralisering van sy verspreidingsentrum belê.

Die Smart Shopper-lojaliteitskaart, ’n eerste vir ’n groot kruidenierskleinhandelaar hier, is ook bekend gestel. Alles ten doel om markaandeel en wins te verbeter.

Een van die gevolge van die beleggings was dat Badminton aan die stuur was ten tye van swak resultate.

Die mate waarin Pick n Pay se skuld toegeneem het, is volgens ontleders ’n bekommernis weens die rentelas. Pick n Pay se aandeelprys het gister op die JSE 54c laer op R45,30 gesluit.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...