Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Kaapstad. – Die Amerikaanse maatskappy DuPont wil teen 2020 sowat
4 000 nuwe produkte ontwikkel wat die wêreld se voedselvoorrade kan
aanvul.
Die geraamde koste van die projek beloop $10 miljard.
DuPont sê in ’n verklaring die produkte sal daarop gemik wees om die landboubedryf te
help om meer voedsel te produseer, die voedingswaarde van voedsel te verhoog,
die volhoubaarheid van die landbousektor te bevorder en die raklewe van voedsel
te verleng om sodoende die vermorsing van kos te verminder.
Me. Ellen Kullman, voorsitter en uitvoerende hoof van DuPont, sê
’n enkele maatskappy, land of nie-regeringsorganisasie kan nie in die behoefte
voorsien om voedsel vir die wêreld te verseker nie.
Sy glo al die rolspelers moet hulle daartoe verbind om ’n bydrae te
lewer en meetbare doelwitte te stel om genoeg kos vir almal te produseer.
DuPont is ook daartoe verbind om 2 miljoen kinders wêreldwyd die
geleentheid te help kry om onderrig te word.
Daar gaan pogings aangewend word om die lewensgehalte van 3 miljoen
boere en hul gemeenskappe te verbeter deur doelgerigte samewerking. Dit sluit in
investering in landbou en die beskikbaarstelling van meer kos wat voedsaam is en
by die gemeenskappe se kulturele gebruike inskakel.
DuPont sê hy lewer ook reeds hulp aan miljoene boere
wêreldwyd.