24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Famous Brands-inkomste styg

Jan 24 2012 07:00 Nellie Brand-Jonker

Maatskappydata

Fambrands [JSE : FBR]

Laaste verhandeling R52.75
Change R0.74
% Verandering 1.42%
Volume 6,668
Markkapitalisasie R5.07mjd

Laas Opgedateer: 21/05/2012 op 13:15. Aandeelpryse is met 15 min vertraag. Bronne: McGregor BFA

 

Verwante Artikels

Famous Brands slaan munt uit groei

Blink toekoms vir pap en vleis

Famous Brands loer na kroeë

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Die kitskos- en restaurantgroep Famous Brands se inkomste het in die drie maande tot einde Desember met 10% gestyg.

Dit sluit in die inkomste van die nuwe restaurante wat hy nie in die ooreenstemmende drie maande in 2010 gehad het nie.

Met die nuwe restaurante uitgesluit, het sy inkomste met 6,8% toegeneem. Die bestuur het in ’n handelsoorsig gesê die vertoning het ooreengestem met verwagtinge.
Mnr. Kevin Hedderwick, uitvoerende hoof van Famous Brands, het gesê gedempte handelstoestande heers steeds.

Volgens hom het die handelspatrone in Desember ook verskil van ander jare. Dit is toegeskryf aan die voortgesette finansiële druk op verbruikers.

Famous Brands meen die normale uittog van vakansiegangers van die binneland na die kus het baie later as gewoonlik plaasgevind en in kleiner mate as voorheen. Volgens Hedderwick was die verkope by hul restaurante op roetes na die kus en op lughawens effens matiger. Daarteenoor was die vertoning van die groep se restaurante in binnelandse winkelsentrums effens sterker as verwag.

Hy het gesê die kwartaal se vertoning was egter bevredigend in die lig daarvan dat baie van die goed gevestigde handelsname baie restaurante het en derhalwe groei van ’n hoë grondslag plaasvind.

Wimpy het 521 restaurante, Steers 532, Debonairs 370, Mugg & Bean 128 en FishAways 123 restaurante. In die kwartaal is 60 restaurante in Suid-Afrika en 18 in die res van Afrika geopen. Die meeste was Debonairs Pizza- en Mugg & Bean-takke.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...