Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Die hoogste gemiddelde kitsbank-onttrekkingswaarde van die afgelope
paar jaar is in Desember aangeteken, wat op sterk verbruikersbesteding in die
feestyd dui.
Volgens die Spark-kontantindeks, wat die gemiddelde waarde van
kontantonttrekkings by meer as 1 500 kitsbanke
landwyd meet, was die gemiddelde onttrekkingswaarde in Desember verlede jaar
R458. Dit is 2,45% meer as in Desember 2010 en die hoogste sedert die
bekendstelling van die indeks in September 2007.
Die jongste syfers wys dat kleinhandelverkope verlede maand
waarskynlik ook groter sal wees as in Desember 2010, sê mnr. Marc Sternberg,
besturende direkteur van Spark ATM Systems.
“Die styging is ook in ooreenstemming met ander positiewe
ekonomiese data van einde verlede jaar, soos minder siviele skuldbevele, ’n
verbetering in werkskepping en hoër toerismesyfers.”
Amerikaanse en Britse kleinhandelaars verwag ’n verstewiging in
verkope in die feestyd ten spyte van die moeilike ekonomiese omgewing. Volgens
’n oorsig van Bloomberg het Amerikaanse kleinhandelverkope
verlede maand met 0,3% gestyg. Die Britse kleinhandelskonsortium sê verkope was
4,1% meer as ’n jaar tevore.