24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Lone in handelsektore 6,4% op

Jan 25 2012 01:56

Verwante Artikels

Bose spiraal van hoër lone

Nuwe era vir klerebedryf?

SA minimum lone nog te hoog

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Vanjaar se loonaanpassings in die groot- en die kleinhandelsektor is gister aangekondig en tree met ingang 1 Februarie in werking.

Die voorgeskrewe minimum loon vir alle beroepskategorieë word met ’n inflasieverwante 6,4% verhoog, volgens die nuwe loontabelle wat die departement van arbeid uitgereik het.

Die laagste toelaatbare loon in die groter metro-gebiede is nou R11,79 per uur vir “alge­mene assistente” – ’n sambreel-kategorie wat die meeste take insluit wat nie kontak met ­kliënte of die bestuur van voertuie behels nie.

Dit kom neer op ’n maandelikse loon van R2 298,87. Die minimum loon van werkers wat minder as 27 uur per maand werk, is nou R12,21 per uur.
In meer landelike streke is die minimum loon vir algemene ­assistente nou R2 006,40 per maand.

Aan die hoër kant van die loonskaal word kassiere se minimum loon nou tussen R2 396,37 en R2 918,93 per maand afhangende van in watter metro-gebied hulle werk.

Klerke wat administratiewe werk doen, se minimum loon is nou R2 864,33 in landelike of R3 460,98 in stedelike gebiede, terwyl bestuurders geregtig is op vergoeding van onderskei­delik minstens R4 469,06 of R5 488,83 per maand.

Soos in talle ander sektore waar vakbonde en werkgewergroepe nie ’n voldoende teenwoordigheid het om lone vas te stel nie, word dié lone jaarliks deur ’n komitee aangepas.

Dit geld net werkers wie se lone nie in onderhandelinge vasgestel word nie.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...