24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Massmart verwag goeie halfjaar

Feb 01 2012 07:00 Letitia Watson

Verwante Artikels

SA winkelgroepe verbeter posisie

Langer promosies kry groot aftrek

Walmart - 'Inligting aan Patel weerhou'

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Kaapstad. – Massmart verwag dat sy verdienste en wesensverdienste vir die ses maande tot 25 Desember 17% tot 25% hoër sal wees as ’n jaar tevore.

Hy raam sy verdienste sal tussen R864 miljoen en R923,1 miljoen wees en sy wesensverdienste tussen R865,2 miljoen en R924,4 miljoen.

Die basiese wesensverdienste per aandeel en wesensverdienste per aandeel sal na raming 10% tot 18% hoër wees.

Die basiese verdienste per aandeel sal waarskynlik tussen 401,8c en 431,1c wees en die wesensverdienste per aandeel tussen 402,4c en 431,6c.

Die swakker groeisyfer vir die verdienstes per aandeel kan toegeskryf word aan die groter aantal uitgereikte aandele ná die Walmart-transaksie in Junie verlede jaar teenoor die vergelykende tydperk.

Mnr. Grant Pattison, uitvoerende hoof, het op Massmart se jaarvergadering in November gesê daar word verwag dat verkope vir die res van die lopende boekjaar sterk sal wees.
Die groep se beleggings in prys, groei, kapasiteit en integrasie sal na verwagting egter druk op sy bedryfswins plaas.

Mnr. Warrick Lucas, senior beleggingsontleder van Imara SP Reid, het gesê daar is nie tekens van oornamepyne in die syfers nie.

Daar is ook sterk groei in ­veral Makro en Game se ver­kope wat aangevuur is deur groot promosieveldtogte, hoewel dit ’n uitwerking op die bruto marge kan hê. Imara beskou die aandeel as duur.

Massmart se aandeelprys het gister met 1,05% tot R176 gedaal.

Die groep se tussentydse resultate sal op 22 Februarie bekend gemaak word.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...