Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Suid-Afrikaners het in die afgelope feestyd kans gesien vir meer
Windhoek Draught en Lager as wat gebrou kon word.
Vanweë ’n buitengewoon sterk vraag na
dié bier in die feestyd word ’n voorraadtekort nou verwag, het
Brandhouse-verspreiders gister gesê.
Volgens mnr. Alan Roberts, bemarkingsbestuurder van die
Windhoek-handelsmerkportefeulje, was dit moeilik om met die vraag tred te
hou.
Na verwagting sal daar tot einde Januarie ’n tekort aan Windhoek Draught in 440 ml-bottels en in blikkies wees.
Die tapbier sal nie geraak word nie, terwyl Windhoek Light nog
geredelik beskikbaar is.
Daar was ook ’n tekort aan ander dranksoorte op verskeie plekke in
die land.
“Dit gebeur maar elke jaar,” sê me. Jo-Anne Jansen van
Nieuwenhuizen, verspreidingsbestuurder van Distell in Bethal in
Mpumalanga.
“Die redes vir die tekorte verskil van jaar tot jaar en ’n mens
weet nooit watter produk geraak gaan word nie,” sê sy.
Dié stelling is deur Restaurant & Hotel Liquor Distributors in
Parow beaam. Dié verspreider het veral ’n tekort aan Bernini Blush en Hunters
Gold gehad.
Jansen van Nieuwenhuizen sê in die afgelope feestyd was Distell se
probleem ’n tekort aan vervoer na Mpumalanga.
“Die produk was in oorvloed beskikbaar, daar was net nie genoeg
vragmotors beskikbaar van die Kaap af nie,” het sy gister aan Sake24 gesê.
Sy sê daar is soms ’n tekort aan bottels vir ’n spesifieke produk
of ’n tekort aan appels, wat weer ’n tekort aan sider veroorsaak – en, meen sy,
’n goeie advertensieveldtog kan die vraag na ’n
spesifieke produk vergroot.