24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

SA winkelgroepe verbeter posisie

Jan 29 2012 07:48 Letitia Watson

Verwante Artikels

Massmart, SABS stel vaste standaarde

Besteding neem toe

Winkeliers tevrede met Kersinkopies

Holdsport se goeie syfers

Kleinhandelverkope lyk beter

Woolies vervang Reinet in top 40

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Kaapstad. – Suid-Afrika se groot kleinhandelaars het geklim op die ranglys van die 250 top-maatskappye wêreldwyd. Die Shoprite-groep is steeds voor in die plaaslike koor op nr. 92. Dít blyk uit Deloitte se nuutste jaarlikse internasionale kleinhandelverslag, Global Powers of Retailing 2012: Switching Channels.

Die navorsing is gegrond op verkope in 2010, ’n tyd waarin kleinhandelaars in ontwikkelde markte gesukkel het om hul verkope te laat groei. Om internasionale verkope te kan vergelyk, word dit in Amerikaanse dollar aangegee. Volgens sy internasionale gradering lyk dit of Checkers inderdaad om elke hoek is. Die Shoprite-groep is die grootste kleinhandelaar in Afrika en die Midde-Ooste en was voorheen in die 95ste plek op die wêreldlys. Sy verkope was in 2010 sowat $10 miljard.

Massmart is die tweede grootste in Afrika en 126ste op die internasionale rangleer met verkope van $7,6 miljard. Pick n Pay is nie ver agter nie op nr. 133, met verkope van $7,1 miljard. Hy is derde op die vasteland. Spar se verkope was $4,7 miljard en is die vierde grootste in Afrika en nr. 179 internasionaal.

Steinhoff International, wat verkrygings in Europa gedoen het net toe die Europese kredietkrisis begin het, is vir die eerste keer op die internasionale ranglys, op nr. 218. Die groep se verkope was $3,7 miljard.

Woolworths het van 248 tot 222 verbeter met verkope van $3,6 miljard. Metcash wat deur ’n herstrukturering gaan het sy plek op die lys verloor.

Die sterkste saamgestelde jaarlikse verkoopsgroei per streek is oor die afgelope vyf jaar in Afrika en die Midde-Ooste met groei van 15,4% behaal, sê mnr. Rodger George, Deloitte se hoof van verbruikersondernemingsbedrywe. Latyns-Amerika is in die tweede plek met groei van 14,8%, maar al die ander streke het met minder as 7,6% gegroei.

 

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...