Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Woolworths gaan sy
retro-sodakoeldrank-reeks van die rakke verwyder nadat die Gesagsvereniging vir
Reklamestandaarde (GRS) in Frankies Olde Soft Drinks se guns oor die term “Good
Old Fashioned Soft Drinks” beslis het.
Frankies het in
Januarie by die GRS gekla oor die bewoording op Woolworths se bottels. Die term
“Good Old Fashioned Soft Drinks” word op Frankies se betaalpuntitems en
advertensies gebruik.
Woolworths, wat reeds
sedert 2003 verskeie retro-produkte op die rakke het, het gesê hy is
teleurgesteld oor die uitspraak.
Volgens mnr. Ian
Moir, uitvoerende hoof, het die groep Frankies nie nageboots nie, maar dis
duidelik dat verbruikersentiment teen hulle is. “Verbruikersopinie is vir ons
belangriker as of die kwessie reg of verkeerd is.”
Frankies het heelwat
lawaai gemaak in die sosiale media oor die geure en bottelvorms wat Woolworths
gebruik, maar dit nie met die GRS opgeneem nie. Die GRS het dit ook duidelik
gemaak dat sy beslissing slegs oor die term “Good Old Fashioned” is en nie oor
die geure, bottels of ontwerp van Woolworths se koeldrankreeks nie.
Woolworths se
aandeelprys het gister 0,02% laer op R41,99 gesluit.