24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Departement maak foute met lone

Feb 08 2012 06:01 Hennie Duvenhage

Verwante Artikels

Lone in handelsektore 6,4% op

Bose spiraal van hoër lone

SA minimum lone nog te hoog

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Kaapstad. – Foutiewe inligting van die departement van arbeid oor nuwe loonskale vir plaaswerkers maak boere die hoenders in terwyl plaaswerkervakbonde kraai van plesier.

Daar is nie alleen foutiewe skale in die Staatskoerant op 18 Januarie 2012 gepubliseer nie, maar die basis waarop die verhogings vir die volgende 12 maande bereken is, is nie in ooreenstemming met die formule waarop daar ooreengekom is in vorige onderhandelings nie.

Me. Elize van der Westhuizen, bestuurder: mensehulpbronne by Agri SA, sê die boere is kwaad oor die aankondiging dat minimum weeklikse lone van begin Maart op R374,10 per week vasgestel word teenoor die huidige R317,51 per week. Dit was skynbaar ’n vingerfout by die departement aangesien die nuwe loonvlak vir weeklikse ­lone R347,10 behoort te wees.

Sy sê hulle het die departement reeds op 20 Januarie laat weet dat die bedrag van R374,10 wat twee dae tevore gepubliseer is, foutief is.

Dit blyk dat die departement nie haastig is om die fout reg te stel nie.

Op grond van inligting deur die departement wat deur die nuusagentskap Sapa op 2 Februarie uitgereik is, en in ­Sake24 van 3 Februarie oor berig is, was dit steeds die foutiewe inligting wat gegee is. In ’n brief aan Agri SA sê mnr. Titus Mtsweni, woordvoerder van die departement, hulle werk daaraan om die fout voor begin Maart reg te stel.

Intussen dring plaaswerkervakbonde daarop aan dat die foutiewe skaal by nuwe loononderhandelinge gebruik word, want dit is die een wat in die Staatskoerant gepubliseer is.

Dit blyk dat daar by die berekening van die nuwe skale nie gehou is by die ooreengekome formule om die jaarlikse verhoging in minimumlone te bepaal nie. Die formule behoort te wees die vorige vlak van lone plus die afgelope jaar se inflasiekoers plus 1,5%.

Met die berekening van die voorgestelde nuwe skale is die oorhoofse inflasiekoers van die afgelope jaar van 6,1% nie gebruik nie, maar die 7,8%-inflasiekoers van die armste 20% van die land of te wel die laagste kwantiel. As die 6,1% as maatstaf gebruik sou word, sou die nuwe loonaanpassings baie minder as die voorgestelde 9,3% gewees het.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...