24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Geil groei kan meer teruglok

Des 05 2011 23:33 Johan Brits

Verwante Artikels

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Suid-Afrikaanse boere kan belowende ekonomiese groei in die landbousektor in 2012 verwag – trouens só goed dat meer mense na die bedryf teruggelok kan word.

Die landbousektor gaan na verwagting boonop die afgelope drie jaar se prestasie klop, het mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa se AgriBusiness, gister in sy landbouvooruitsig gesê.

Janovsky sê gunstige weerstoestande word verwag, asook betreklik bestendige en hoë landboukommoditeitspryse en voordele vir uitvoerders, “mits die rand swakker bly en die wêreldwye vraag na voedsel stabiliseer”.

’n “Duidelike tendens” van groter winsgewendheid in die Suid-Afrikaanse landbousektor is ’n hoofrede vir die goeie vooruitsigte, sê Janovsky.

Die positiewe ekonomiese aanwysers in die landbou is die aansienlike styging in die netto plaasinkomste oor die afgelope dekade en die waarde van plaaseiendomme wat na verwagting stygings van 10% tot 12% per jaar gaan volhou.

“Voorts het die verhouding van skuld tot bates verbeter. Boere kan dus meer skuld maak. Dit dra by tot ’n landboubedryf wat finansieel baie gesonder is.”

Die sentiment oor aardverwarming en die vraag na voedsel en energie is baie belangrike aandrywers wat ’n positiewe uitwerking op landboukommoditeitspryse sal hê, sê Janovsky.

“Aangesien landbou die vernaamste begunstigde van die wetgewing oor aardverwarming is, sal nuwe markte opwaartse druk op landboukommoditeitspryse plaas.”

Danksy “histories lae rentekoerse” is daar beleggingsmoontlikhede in die landboubedryf en kan masjinerie goedkoop ingevoer word.

Janovsky meen beduidende voordele spruit ook uit die wydverspreide gebruik van nuwe tegnologie wat die benadering tot landbou-produksie verander.

Die vinnige en diepliggende veranderinge sal volgens hom verseker dat die sikliese voordele van hoër pryse en groter produksie verleng word.

“In die vleisbedryf het ’n sorgvuldige keuse van merino’s beteken dat boere groter skape met meer vleis en fyner wol het.

“Dié keuse het ’n langdurige ekonomiese voordeel vir boere. Tegnologiese ontwikkelinge dra by tot groter opbrengste in produksieprosesse.

“Die gevolglike volumegroei sal help om die moontlike effek van valutaverwante koste en prysbewegings in die sektor teen te werk.

“As die rand wesenlik verswak, sal insetkoste styg; aan die ander kant sal ’n aansienlike styging in die randwaarde uitvoerverdienste klop,” sê Janovsky.

“Oor die afgelope drie tot vyf jaar het aansienlike stygings in insetkoste ’n beperking op winsgewendheid geplaas. As die verwagte toename in Suid-Afrika se landbouproduksie ’n werklikheid word, sal dit stygende winsvlakke in die komende jaar beskerm.”

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...