24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Landbou se groeipad

Feb 27 2011 05:00 Hennie Duvenhage

Verwante Artikels

Ipap2 ‘gaan landbou tot kroonjuweelstatus verhef’

Graan SA sê met beter beleid sal landbou floreer

Landbou en vervaardiging knou Oos-Kaap

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Die landbousektor moet teen 2020 reeds 300 000 bykomende huishoudings op klein landbou-eenhede vestig en 145 000 nuwe werkgeleenthede moet in die voedselverwerkingsketting geskep word.

Die lewensomstandighede van werkers op kommersiële plase moet ook aansienlik verbeter.

Dít is die bydrae wat die regering van die landbousektor verwag om sy Nuwe Ekonomiese Groeiplan (NEG) te laat slaag.

Die mikpunt van die NEG is om teen 2020 altesame 5 miljoen nuwe werkgeleenthede in die land te skep met die oog op armoedeverligting.

Mnr. Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, het die afgelope week ’n konferensie van Agri SA ingelig oor die verwagtinge wat van die landbousektor gekoester word.

Hy het erken dat die regering die afgelope aantal jare die landbousektor afgeskeep het, maar gesê daar word nou met nuwe oë na die sektor gekyk om werk te skep en te sorg dat die mense van die land nie honger gaan slaap nie.

Die nuwe belangstelling in landbou kom nadat dié sektor tussen 1993 en 2007 sowat 300 000 werkgeleenthede afgeskaf het, wat bygedra het tot armoede in landelike gebiede.

Patel sê selfs diegene wat op kommersiële plase werk, het dit nie breed nie – die mediaanvergoeding van plaaswerkers in 2010 het R1 213 per maand beloop teenoor die R3 683 per maand in die res van die formele sektor.

Hy het die digtheid van trekkers per vierkante kilometer gebruik om aan te toon hoe sleg die Suid-Afrikaanse landbousektor daaraan toe is.

In Suid-Afrika is daar volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-Organisasie 43 trekkers vir elke 100 km2 bewerkbare grond. Dit is minder as in lande soos Bo­tswana, China, Egipte, Indië, Pakistan, Sri Lanka en Viëtnam.

Patel sê daar is ongeveer 1 miljoen mense in die voormalige tuislande wat toegang tot grond het, maar min daarmee uitrig omdat hulle dikwels te min grond het om volhoubaar te boer en nie toegang het tot water, arbeid en insette soos kunsmis en voorligting nie.

Die regering het reeds met optrede begin, soos die departement van landbou wat saad, trekkers en ander benodigdhede aan kleinboere verskaf.

Kartelle in die waardeketting word opgebreek om te verseker dat kleinboere toegang tot markte kan verkry terwyl gesprekke met kunsmisvervaardigers gevoer word om pryse te verlaag.

Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het reeds toestemming gekry om in die loop van die volgende vyf jaar R5 miljard beskikbaar te stel vir die skep van nuwe agri-ondernemings en die uitbreiding van bestaande ondernemings.

Patel sê hulle verwag van die landbousektor dat meer in die sektor belê word en die regering onderneem om ’n gunstiger beleggingsklimaat te skep.

Kommersiële boere word ook gevra om vennootskappe met opkomende boere aan te gaan en hulle deel van die voedselketting te maak.

Hy het ook gepleit vir nouer samewerking tussen boere en die voedselverwerkingsketting, en gesê die omstandighede van bestaande plaaswerkers moet aansienlik verbeter.
Mnr. Johannes Möller, president van Agri SA, sê daar sal min van kom as die regering nie eers na sy eie arbeidswetgewing kyk nie. Dit is veral die voorgestelde nuwe wet op verblyfsekerheid wat gaan veroorsaak dat meer mense op plase hul werk verloor.

Die voorgestelde wet bepaal dat arbeiders op plase ook hul eie boerderye mag bedryf.

Daar is ook ander voorbeelde waar staatsdepartemente duidelik nie saamwerk nie.

Die departement van waterwese wil byvoorbeeld nie toelaat dat opkomende boere aan wie waterregte toegeken word, dit in ’n saketransaksie met ’n kommersiële boer kan deel nie.

Möller sê om die plan te laat slaag, sal die regering opnuut na die beskerming van die markte met invoerheffings moet kyk.

’n Voorbeeld is die graanbedryf wat kwyn omdat die plaaslike mark nie teen goedkoop gesubsidieerde ingevoerde graan beskerm word nie. As daar nie markte is nie, is daar nie veel sin in verdere beleggings en pogings om opkomende boere te help nie.

Hy sê Agri SA is reeds besig met ’n paar aanvoorprojekte om kommersiële boere in vennootskappe met opkomende boere te plaas waar daar vir albei finansiële voordeel in die verhouding is.

Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, sê hy verwag nie dat boere meer mense in diens sal neem nie omdat hulle ’n stryd voer om koste te bespaar.
Die geleentheid om werk te skep, lê in die landbou-waardeketting.

Hy sê in sommige vertakkings van die landbou, soos die meulenaarsbedryf, is daar die geleentheid om kleiner meulens op te rig naby aan die plek waar die graan geproduseer word, teenoor die huidige gebruik om die graan na groot stede aan te ry, te maal en die meel dan weer na die landelike gebiede te neem.

Hy sê verskeie lede van die besigheidskamer brei tans uit, wat tot verdere werkskepping sal lei.
 

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...