Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Kaapstad. - Verskeie positiewe faktore in die landboubedryf het daartoe gelei
dat die Landboubesigheidskamer (LBK) se
vertrouensindeks sy hoogste vlak in drie jaar bereik het.
Vir die eerste kwartaal van 2011 het die indeks op 62 te staan
gekom. Dit is 13% hoër as die vlak in die laaste kwartaal van 2010 en 43% hoër
as die vlak in die eerste kwartaal van 2010.
“Die positiewe vertrouensvlakke word grootliks veroorsaak deur die
styging in kommoditeitspryse, verhoogde internasionale vraag, die herstel in die
Suid-Afrikaanse ekonomie en verbeterde landbou-omstandighede,” sê me. Lindie Stroebel, ekonoom
by die LBK.
Sy sê die regering se aanduiding dat
daar as deel van die Nuwe Ekonomiese Groeiplan beter samewerking tussen die
regering en die landbousektor bewerkstellig moet word, skep ook ’n positiewe
sentiment in die landbousektor.
Daar is egter ook waarskuwingsligte wat flits weens onder meer die
koste van kapitaal, gebrekkige infrastruktuur en dienslewering. Vloedskade en
droogtes het ook ’n negatiewe rol gespeel.
Stroebel sê omset en netto bedryfsinkomste by landbou-ondernemings het op ’n jaargrondslag aansienlik
gestyg.
Dit word toegeskryf aan aansienlike stygings in die pryse van
landboukommoditeite en ander -produkte en goeie someroeste word ook
verwag.
Sy sê die uitvoerders van landbouprodukte pas hulle aan by die
uitwerking van die sterk rand en benut die sterker internasionale vraag na
sommige produkte.
Hoewel die moontlikheid bestaan dat meer werkgeleenthede in die
landbousakesektor geskep kan word, plaas die verwagting dat inkomste nie gaan
styg nie ’n demper op die vooruitsigte vir werkskepping.