Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Anglo American Platinum (Amplats)
gaan twee projekte van Anooraq koop sodat Anooraq daarmee R1,7 miljard van sy
skuld aan Amplats kan afbetaal.
Anooraq skuld Amplats R3 miljard
vanweë die transaksie vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in 2006 waarin
Anooraq die destydse Lebowa-myn, wat die vierde grootste platinumreserwe in die
land bevat het, verkry het. Dit staan nou as Bokoni bekend.
Amplats gaan twee blokke van dié
reserwe terugkoop teen R1,7 miljard: Boikgantho en Ga-Phasha.
Volgens Amplats kan twee van sy myne,
Mogalakwena en Twickenham, die minerale in Boikgantho en Ga-Phasha bereik.
Anooraq behou sy beherende belang van 51% in die Bokoni-myn.
Anooraq sal ook nie meer rente betaal op die oorblywende skuld aan Amplats nie.
Amplats sal ook meer betrokke raak by
die bestuur van Bokoni.
Die verkoop van Bokoni was een van Amplats se grootste SEB-transaksies, maar die myn sukkel
om sy produksieteikens te haal.