24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Anglo begin lewer uit betwiste myn

Nov 24 2011 09:10 Jan de Lange

Verwante Artikels

Anglo en Codelco haaks oor AAS

Codelco keer Anglo met die hof

Almal soek nou weer goud

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Santiago (Chili). – Anglo American het vandeesweek die eerste koper afgelewer uit die reusagtige Los Broncos-kopermyn, die R22,5 miljard-uitbreidingsprojek waaroor Anglo in ’n bitter twis met die staatsbeheerde Codelco-mynmaatskappy van Chili gewikkel is.

Mnr. John MacKenzie, uitvoerende hoof van Anglo se koper-sake-eenheid, het eergister onverstoord die nuwe infrastruktuur by die myn, wat sowat 3 500 m bo seespieël in die Andes-gebergte is, aan besoekers uitgewys.

Terwyl hy daarmee besig was, het die land se minister van myne, mnr. Hernán de Solminihac, Anglo en Codelco aangeraai om ’n skikking te bereik eerder as om in ’n hofstryd betrokke te raak.

Codelco glo hy is daarop geregtig om 49% van die myn te koop.

Hy kan die opsie, wat al vanaf die 1980’s geld, net elke tweede Januarie uitoefen maar volgens alle aanduidings het hy die prys wat hy daarvoor sou betaal bereken sonder om die verhoogde produksie uit die nuwe infrastruktuur in ag te neem.

MacKenzie het gister gesê hy verwag dat die opbou tot die verdubbeling van Los Broncos se produksie – van 220 000 ton koper tot 450 000 ton per jaar – binne 12 maande afgehandel sal wees.

Dit gaan van Los Broncos die wêreld se vyfde grootste kopermyn maak in ’n tydperk waarin verwag word dat die wêreldvraag tot 2015 met tussen 4% en 6% per jaar gaan groei.

Anglo het vroeër vandeesmaand onverwags aangekondig dat hy 24,5% van die myn vir $5,39 miljard aan Mitsubishi van Japan verkoop het.

Dit is min of meer dieselfde bedrag as wat Codelco bereid was om vir die 49% te betaal waarop hy al jare ’n opsie het, maar nou eers wil uitoefen nadat Anglo die enorme beleggings in die myn gedoen het.

Anglo het daarmee die mat onder Codelco se voete uitgepluk. ’n Omgekrapte mnr. Diego Hernan­dez, Codelco se uitvoerende hoof, het vroeër gedreig dat Anglo “sy toekoms in die wêreld se grootste koperproduserende land in gevaar stel” deur Codelco sy aanspraak op die 49%-belang in die myn te ontsê.

Anglo is saam met Xstrata ook die eienaar van Collahuasi, ’n kopermyn in die noorde van die land wat sowat 500 000 ton koper per jaar produseer.

Uitvoerbaarheidstudies word nou gedoen om Collahuasi se produksievermoë tot sowat 1 miljoen ton te vergroot.

Dit sal hom een van die drie grootste kopermyne ter wêreld maak.

Die ander is BHP Billiton se Escondidamyn, ook in Chili, en Grasberg in Indonesië wat aan Freeport McMoran behoort. Die twee produseer albei sowat 1 miljoen ton koper per jaar.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...