24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Anglo en Codelco moker mekaar

Jan 04 2012 07:00 Jan de Lange

Maatskappydata

Anglo [JSE : AGL]

Laaste verhandeling R267.93
Change R-0.41
% Verandering -0.15%
Volume 1.42m
Markkapitalisasie R359.82mjd

Laas Opgedateer: 21/05/2012 op 13:34. Aandeelpryse is met 15 min vertraag. Bronne: McGregor BFA

 

Verwante Artikels

Anglo dagvaar Codelco

Anglo begin lewer uit betwiste myn

Anglo en Codelco haaks oor AAS

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Codelco, die Chileense staatsbeheerde koperprodusent, het Anglo American Maandag verwittig dat hy sy opsie uitoefen om sy belang van 49% in Anglo se Chileense kopermaatskappy te koop.

Anglo het gister ’n ewe formele, maar kil antwoord gestuur: Codelco het geen opsie op aandele in die maatskappy, Anglo American Sur, nie omdat Codelco kontrakbreuk gepleeg het deur die opsie voortydig te probeer uitoefen.

Codelco het Anglo ook probeer keer om aandele in Sur aan ’n derde party, Mitsubishi van Japan, te verkoop. Anglo beskou dit ook as kontrakbreuk, wat beteken dat hy hom nie meer gebonde beskou aan die opsiekontrak nie, het Anglo gister in ’n verklaring gesê.

Die nuwe ronde in die twis wat met die aanbreek van 2012 ingelui is, gaan oor ’n belang in Los Bronces, die vyfde grootste kopermyn ter wêreld wat Anglo met groot koste en moeite ontwikkel het. Die ontwikkeling is einde verlede jaar voltooi.

Codelco het Anglo reeds in Oktober 2011 ingelig dat hy sy opsie gaan uitoefen om 49% van Anglo American Sur, die eienaar van Los Bronces, te koop. Die opsie bestaan sedert die 1970’s, maar kan net elke derde jaar in Januarie uitgeoefen word teen $6 miljard.

Toe Codelco Anglo in Oktober inlig dat hy die opsie gaan uitoefen, het Anglo dadelik aan die werk gespring en 24,5% van Sur aan Mitsubishi verkoop teen $5,39 miljard – byna dubbel die prys wat Codelco vir dieselfde belang sou betaal het. Dit het ook die beskik­bare aandele wat Codelco kan opneem tot 24,5% verminder.

Volgens Anglo American is daar niks in die opsiekontrak wat hom verbied om aandele in Sur te verkoop voordat Codelco sy opsie uitoefen nie.

Codelco het egter aansoek gedoen om ’n hofbevel wat Anglo se transaksie met Mitsubishi nietig verklaar.

Die hof in Santiago sal later vandeesmaand daaroor uitspraak lewer.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...