24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Aquarius kla ook oor mynsluitings

Feb 01 2012 07:00 Jan de Lange

Maatskappydata

Aquarius [JSE : AQP]

Laaste verhandeling R11.10
Change R-0.09
% Verandering -0.80%
Volume 1.01m
Markkapitalisasie R5.22mjd

Laas Opgedateer: 21/05/2012 op 13:35. Aandeelpryse is met 15 min vertraag. Bronne: McGregor BFA

 

Verwante Artikels

Koste, lae pryse lei tot verliese

Aquarius koop Afarak Platinum

Platinummark 'makeer die pas'

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Gedwonge veiligheidsonderbrekings in die Rustenburg-omgewing het Aquarius Platinum se Kroondal-myn in die kwartaal tot einde Desember 10% van sy produksie gekos.

Al die onderbrekings was kragtens art. 54 van die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne, waarvolgens ’n myninspekteur die reg het om alle werk in ’n myn tot stilstand te bring ná ’n besering of sterfgeval. Mnr. Stuart Murray, Aquarius se uitvoerende hoof, het gister gesê dié vraagstuk maak die Suid-Afrikaanse mynbedryf ’n moeilike plek om in te werk.

“Die ideaal van geen beserings is lofwaardig, maar daar moet praktiese maniere wees om die wet toe te pas. Dis nie net die getal onderbrekings wat toegeneem het nie, maar ook die duur daarvan – van twee dae tot ’n week of selfs langer,” sê Murray in Aquarius se nuutste produksieverslag, wat gister uitgereik is.

Anglo American Platinum (Amplats) en Lonmin het verlede week ook groot produksieverliese aan die “blindelingse toepassing” van art. 54 toegeskryf. ’n Gesamentlike taakgroep van die regering, die Kamer van Mynwese en vakbonde gaan oor die toepassing van dié artikel beraadslaag, maar mnr. David Msiza, hoofinspekteur van myne, het vandeesweek beklemtoon dat daar geen sprake is van wysigings daaraan nie.

’n Staking van twee weke by Aquarius se Everest-myn het die produksie van platinumgroepmetale met 19% laat daal tot 18 712 onse. In Zimbabwe, waar hy in vennootskap met Implats die Mimosa-myn bedryf, dreig reguleringskwessies om met koste op loop te sit.

Aquarius se aandeelprys het gister 6,62% laer op R20,45 gesluit. Die maatskappy het die afgelope jaar 47,9% van sy waarde verloor.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...