Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Die Gold One-myngroep se vlagskip-myn, Modder-Oos in Springs, het
verlede jaar 123 179 fynonse goud gelewer teen ’n uiters mededingende
kontantkoste van $491 per fynonse.
Die fokus is nou op die jaar wat voorlê nadat die groep se oorname
van Rand Uranium op 6 Januarie voltooi is en hy sy
lank verwagte kontantinspuiting van A$150 miljoen by sy nuwe beherende aandeelhouers ontvang het.
Die Chinese konsortium wat nou 89,17% van Gold One besit, het hom
die jaar laat binnegaan met sowat R1,86 miljard in die bank, het Gold One gister
gesê.
Vanjaar mik Gold One na goudproduksie van 150 000 fynonse by Modder-Oos
asook 118 000 fynonse by Rand Uranium se Cooke-skagte en ’n verdere
32 000 fynonse by die mynhoop-bedrywighede wat saam met Rand Uranium bekom is.
Die Cooke-skagte se mynkoste vergelyk swak met dié van Modder-Oos
en Gold One teiken,
ná ’n omkeerplan van twee jaar, kontantkoste van $1 000 per fynons by dié
myn.
Met die Cooke-skagte onder sy beheer
het Gold One nou van
’n junior myngroep in ’n middelslag-rolspeler verander, sê die maatskappy. Gold One beplan om binne 9
tot 18 maande op die Hongkongse aandelebeurs te noteer en wil binne ’n jaar ’n
uitvoerbaarheidstudie vir sy Ventersburg-projek
voltooi.
’n Voor-uitvoerbaarheidstudie het aangedui dat ’n myn met ’n
leeftyd van 17 jaar en gemiddelde produksie van 135 000 fynonse per jaar opgerig
kan word.
Dit sal sowat R3,56 miljard kos en kontantkoste van $606 per
fynons kan handhaaf. Gold One het ook onlangs ’n moontlike vennootskap met Gold Fields aangekondig om hul mynhope aan die Wes-Rand
saam te ontgin.