Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Impala Platinum (Implats) het een van
die innemendste en gewildste persoonlikhede in die mynbedryf, mnr. Terence
Goodlace, aangestel om op 1 Julie die leisels oor te neem by die uittredende
mnr. David Brown.
Goodlace, wat sy loopbaan in die laat
1970’s as ’n leerling-myner begin het, het pas uitgetree as uitvoerende hoof van
Metorex – ’n maatskappy wat op die rand van bankrotskap gestaan het toe hy in
2009 daar aangestel is.
Metorex is in 2011 deur Jinchuan, ’n Chinese nikkelprodusent,
oorgeneem teen meer as drie maal die waarde van die maatskappy toe Goodlace aangestel is.
Voor die pos by Metorex was Goodlace
bedryfshoof van Gold Fields se Suid-Afrikaanse myne. Hy het in 2008 onverwags
bedank ná ’n persoonlike krisis en sou met sy gesin emigreer, maar het van plan
verander en die Metorex-aanstelling aanvaar.
Hy was vroeër onder meer bestuurder van Kinross en Evander.
Goodlace het ’n BCom aan die
Universiteit van Suid-Afrika verwerf, ’n bestuursdiploma aan die Universiteit
van die Witwatersrand en ’n MBA aan die Universiteit van Wallis.