24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Harmony verkoop goudmyn

Feb 01 2012 07:00 Dewald van Rensburg

Verwante Artikels

ARM, Harmony wil baie belê

Taung belowe die goedkoopste goud

Harmony het hoë teikens

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Harmony Gold gaan sy Evander-myn in Mpumalanga vir R1,7 miljard aan ’n vennootskap van Pan African Resources en Wits Gold verkoop.

Met dié transaksie sal albei kopers ’n gedaanteverwisseling ondergaan en Harmony meen hy kan dié geld, asook die kapitaalbesteding wat Evander verg, beter bestee aan sy nuwe kroonjuweel, die Wafi-Golpu-projek in Papoea- Nieu-Guinee.

Pan African en Wits Gold sal gelyke belange in die myn bekom wat hulle met “skuld, ekwiteit en kontantvloei uit bedrywighede” sal finansier.

Albei het die vennootskap geregverdig deur daarop te wys dat hulle nie alleen ’n myn van Evander se gehalte sou kon bekostig het nie. Evander het ’n geskatte leeftyd van nog tien jaar met ’n gemiddelde jaarlikse produksie van sowat 90 000 fynonse goud.

Sy gemiddelde kontantkoste was onlangs nog R209 000 per kg, heelwat meer as die R160 000 van Pan African se Barberton-goudmyne, maar steeds aantreklik met goudpryse nou goed bo R400 000 per kilogram.

Pan African se goudproduksie sal danksy die verkryging onmiddellik met byna 50% opskiet van die huidige 95 000 fynonse per jaar, terwyl Evander Wits Gold se eerste goudproduksie sal lewer.

Wits Gold besit grootliks onbenutte prospekteerregte op enorme dele van die Witwatersrand en beplan om sy eerste myn in die Vrystaat teen 2016 op die been te hê.

Benewens die produserende Evander-myn sluit die transaksie ’n aantal naburige ontwikkelingsprojekte in.

Mnr. Philip Kotze, Wits Gold se uitvoerende hoof, het in ’n verklaring gesê kontant van Evander sal die groep help met sy mynontwikkelings.

Daar is nog heelwat opskortende voorwaardes wat uit die weg geruim moet word, waaronder Wits Gold en Pan African se insameling van die koopsom, goedkeuring deur albei se aandeelhouers asook die gebruiklike goedkeuring ingevolge regulasies.

Daar word gehoop dat die transaksie teen Julie afgehandel sal kan word.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...