24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Implats - die spanning laai op

Feb 02 2012 07:00 Jan de Lange

Verwante Artikels

Goodlace word baas by Implats

Implats stoot verdienste op

Verkoop sou stam beheer gee

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Implats het gister al 25 000 die werkers in sy Rustenburg-afdeling, verreweg sy mees produktiewe eenheid, afgedank weens ’n onbeskermde staking.
Die staking spruit uit mededinging tussen twee vakbonde – die National Union of Mineworkers (NUM), wat jare lank reeds die werkmag verteenwoordig, en die Association of Mining and Construction Union (Amcu), ’n taamlik jong vakbond wat die afgelope drie jaar vinnig groei by chroom-, platinum- en steenkoolmyne in Mpumalanga en Noordwes.

Sover bekend neem sowat 18 000 werkers uit die werkmag van 25 000 aan die staking deel en kom intimidasie wyd voor. Die NUM het gister ook sy kommer uitgespreek dat geweld daaroor kan losbars.

Arbeidsverhoudinge op platinummyne is berug vir geweld, deels omdat geen sentrale bedingingsforum bestaan nie en mededinging tussen vakbonde vinnig en fel kan toeneem wanneer ontevredenheid oor arbeidskwessies opvlam.

Implats het gisteroggend aangekondig dat hy sy werkmag, wat sedert Maandagoggend nie kom werk het nie, afdank. Alle werkers wat wíl werk, sal weer aangestel word.

Sowat 5 000 werkers, almal rots­booroperateurs, het verlede week drie dae lank gestaak omdat die res van die werkmag volgens hulle verhogings van 18% gekry het en hulle nie.

Dié staking was ook onbeskermd en was uit verset teen die NUM. Die rotsbooroperateurs het volgens hulle Amcu as hul verteenwoordiger aangewys, maar Implats het nog geen erkenningsooreenkoms met die jonger vakbond gesluit nie.

Implats het die 5 000 rotsbooroperateurs ook afgedank en hulle die geleentheid gegee om hul werk terug te kry sonder enige verlies aan diensvoorwaardes, mits hulle teen Vrydag begin werk.

Dit het egter nie gebeur nie. Maandag het produksie heeltemal tot stilstand gekom.

Van die werkers eis dat Amcu as hul verteenwoordiger erken word.

Die Rustenburg-afdeling produseer gewoonlik sowat 3 000 onse platinum per dag en het verlede jaar net meer as die helfte van die groep se 1,8 miljoen onse platinum opgelewer.

Mnr. Jeff Mphalhele, hoofsekretaris van Amcu, sê die vakbond is besig met ’n werwingsveldtog by Implats, maar het nog geen organiseringsregte van die maatskappy gekry nie.

“Ons werwing verloop goed, maar ek is nie bewus van enige intimidasie nie. Ons is besig om kandidate vir ’n voltydse vakbondamptenaar vir Implats in Rustenburg te oorweeg,” het hy gesê.

Die NUM het gister teen Implats te velde getrek omdat die myngroep ’n vorige onderneming verbreek het deur verhogings aan ’n gedeelte van sy werkmag te gee.
Die vakbond het gesê hy vermoed Implats wil sy werkmag herstruktureer.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...