24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Implats stoot verdienste op

Feb 17 2011 10:59 Brendan Ryan

Maatskappydata

Implats [JSE : IMP]

Laaste verhandeling R140.44
Change R-0.56
% Verandering -0.40%
Volume 559,284
Markkapitalisasie R88.72mjd

Laas Opgedateer: 21/05/2012 op 13:40. Aandeelpryse is met 15 min vertraag. Bronne: McGregor BFA

 

Verwante Artikels

Implats-staking gaan voort

Implats-produksie styg met 2%

Implats-staking brei uit

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print

Johannesburg. - Impala Platinum (Implats) het sy wesensverdienste met 63% tot 345c per aandeel verbeter en het sy tussentydse dividend met 25% tot 150c per aandeel vir die ses maande tot Desember verhoog.

Die sterk verbeterde prestasie is as gevolg van hoër produksie by die Implats-vlagskip Rustenburg-afdeling, die Zimplats-bedrywigheid in Zimbabwe sowel as hoër platinumgroep-metale- (PGM) pryse.

Die toename in verdienste is ten spyte van die versterking van die rand teen die Amerikaanse dollar wat verstewig het tot ’n gemiddelde koers van R7,16/$1 vir die ses maande (vorige vergelykbare tydperk – R7,70/$1).

Volgens Implats het die sluitingswisselkoers van R6,62 vergeleke met R7,39 aan die einde van Desember 2009 gelei tot bykomende verliese in buitelandse valuta-transaksies van R375 miljoen.

“Die gekombineerde uitwerking van die sterker rand is gelyk aan 185c per aandeel na belasting,” het die groep gesê. 

Implats se uitvoerende hoof, mnr. David Brwon, het gesê hy verwag “stram marktoestande” vir beide platinum en palladium as gevolg van die groeiende invloed van die ontluikende markekonomieë gekombineer met “uitdagende aanbodvooruitsigte”.

Hy het bygevoeg dat verdere gunstige faktore die inspuiting van verdere likiditeit in die Amerikaanse ekonomie en die beperking van Europa se skuldprobleme insluit.

Brown het gesê die ekonomiese krag van die ontwikkelende wêreld – veral China – is verantwoordelik vir die voortgesette herstel van platinum vanaf die laagtepunte van 2008 ten spyte van ’n ietwat gestadigde herstel in Westerse wêreldmarkte.

Hy het bygevoeg, “die markprestasie het meer te doen gehad met die oplewing van geldvloei in beleggingsprodukte soos die beurs- verhandelde fondse – wat met 550 000 onse gegroei het gedurende die jaar ná die bekendstelling van die Amerikaanse fonds in Januarie – en die papiermarkte wat sowat 600 000 onse bygevoeg het.

“Uit ’n fisiese vraag perspektief het die Chinese voertuigmark sy plek as die wêreld se grootste voertuigmark bevestig deur ’n skouspelagtige 18 miljoen voertuie plus vir die jaar te verkoop.

“Die juweliersmark het egter ietwat gekonsolideer ná ’n uiters lewendige 2009 toe voorraad aangevul is teen beduidende laer pryse.”

Implats het totale produksie met 6% tot 952 000 onse vir die ses maande verhoog en eenheidskoste-verhogings op ’n 4%-verhoging tot R10,271 per ons van platinum geproduseer gehou.

*Die skrywer besit aandele in Impala Platinum.

 

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...