24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Investering sal SA mynbou spiere gee

Feb 08 2012 06:00 Johan Brits

Verwante Artikels

SA kan deel in Georgië se geleenthede

Scania wil poste besnoei

HCI se aanbod onbillik - KPMG

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – ’n Stortvloed vaste investering sal die Suid-Afrikaanse mynbedryf se vermoë ontsluit om in die toekoms op hoë vlak met mynreuse soos China en Chili skouers te kan skuur.

Trouens, Suid-Afrika se mynbou het nog soveel potensiaal dat hy klaarblyklik vir die tekort in wêreldwye produksie sal moet opmaak namate Amerika en Kanada se ontginning van die platinumgroep-metale (PGM) oor die lang termyn “uitgeput” kan raak.

Dít is enkele van die bevindinge in die nuutste verslag van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) oor die vertoning van Suid-Afrika se primêre en sekondêre ekonomieë.

Luidens die verslag strem die minerale regime, infrastruktuurbeperkinge, veiligheidskwessies, dalende produktiwiteit, stygende koste, tekort aan vaardighede en ’n ongestadigde wisselkoers Suid-Afrika om op sy ryk mineralebronne te kapitaliseer.

In die NOK-verslag word hoop in die regering se beleide rakende mynbou en ekonomiese groei geplaas om die mynboubedryf te steun.

Die regering se Migdett-taakspan wat na groei en ontwikkeling in die mynbedryf kyk, sal die dryfveer agter die ommekeer in mynbou wees om kragtige groei te bewerkstellig, glo die NOK.

Van 2001 tot 2008 het die waardetoevoeging van Suid-Afrika se mynwese teen ’n bestendig-reële 0,5% per jaar gegroei, in teenstelling met China se jaarlikse groei van 19%, Chili (12%), Rusland (10%), Indonesië (8%), Australië (7%) en Venezuela (4%), aldus die Kamer van Mynwese.

Luidens die NOK was die mynbousektor se waardetoevoeging tot die bruto binnelandse produk (BBP) in die eerste drie kwartale van 2011 altesame R196 miljard en R50 miljard tot kapitaalbeleggings. In dié tydperk het mynbou deur sy uitvoerbedrywighede R232 miljard in valutaverdienste gegenereer.

Vaste investering in die mynbou-sektor het volgens die NOK van 2005 tot 2008 jaarliks met 24% uitgebrei, maar dit is nie in veral hoër produksievlakke gesien nie soos wat in ’n wêreldwye kommoditeite-opbloei verwag word.

“Daarom is aansienlike hoër vlakke van belegging nodig om die land se enorme potensiaal te ontsluit, produktiwiteit in sy verskeie mynbou-sub-sektore te verbeter en die gaping tussen die land se mineralebenuttingkoers en die wêreldgemiddeld te verklein.”

Dit kan ook tot beduidende werkskepping lei. Hiermee kan ’n bykomende 143 000 direkte werke teen 2020 geskep word en ongeveer 203 000 teen 2030, lui die verslag.

Volgens die NOK het die getal direkte werke in mynbousektor in die eerste drie kwartale van 2011 op 520 000 gestaan.

Luidens ekonomiese verwagtinge in die verslag sal die uitbreidingspotensiaal van veredelde(BENEFICIATED) mineraleprodukte in Suid-Afrika na verwagting in die komende jare ál meer “progressief realiseer”.

“Oor die afgelope jaar – en veral in die derde kwartaal – het die waarde van handel in veredelde minerale in sowel uitvoer as invoer aansienlik toegeneem.

“In terme van waarde was Amerika Suid-Afrika se belangrikste mark vir veredelde minerale in die eerste nege maande van 2011. Dit is gevolg deur China en Japan, wat byna 16% en 13% onderskeidelik verteenwoordig.”

Die verhoogde vraag na juweliersware sal volgens die NOK voortgaan om een van die vernaamste dryfvere in die behoefte na platinumgroep-metale te wees.

Die verslag sê die opkomende ekonomieë van vandag sal waarskynlik voortgaan om betreklik-vinnige groei in kort- tot medium termyn aan te teken, maar sal spoed verloor op lange duur.

Dit sal die momentum in die uitbreiding oor die wêreld heen sterk ondersteun en progressief groter dele van wêrelduitvoer, handelaktiwiteit en beleggingsvloei vereis.

“Die belangrikheid van Suid-Afrika as ’n ryk mineralebron moet sowel plaaslik as internasionaal voorrang geniet,” lui die verslag.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...